Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 624

3/11/2016

E-posadres:

Krities Afrikaans

LitNet: Wat die hart van vol is

Pasverskyn

Swanesang: Die einde van die Kompanjiestyd aan die Kaap, 1771–1795

Die agtste en laaste deel van die reeks "Kolonie aan die Kaap" beskryf die agteruitgang en verval van die VOC en die gevolge wat dit vir Kaap gehad het gedurende die laaste kwarteeu van die VOC-bewind.

Skrywer: Karel Schoeman
Genre: Geskiedenis
Uitgewer: Protea
Prys: R350

Boeke en skrywers

Onderhoud: Wat die hart van vol is

Elmari Rautenbach, Peter Veldsman, Herman Lategan
Skrywersonderhoude

"[Ek glo] dat Peter in Wat die hart van vol is die eerste skrywer is wat die ontwikkeling van die Afrikaanse verbruiker se smaak in, genieting van en voorbereiding van kos dokumenteer – van ’n tyd toe Suid-Afrika afgesluit was van die buiteland en buitelandse invloede, tot vandag waar ons restaurante internasionaal meeding."

Onderhoud oor Hartskombuis: Boerekos van die Anglo-Boereoorlog tot vandag

Vicky Heunis, Naomi Meyer
Kos en wyn

"Hartskombuis is baie meer as net ’n kookboek wat tradisionele resepte bevat. Die Anglo-Boereoorlog en sy nagevolge het ’n groot invloed op ons tradisionele kooktradisie gehad."

Gelukstrekking: NB-kookboeke vir Kersfees

LitNet
Wen

Wil jy vier lekker kosboeke vir jou Kerskous wen?

Boekresensie: In die grot van die sibille deur Juanita Louw

Joan-Mari Barendse
Resensies

"Alhoewel haar werk veelvlakkig is en gelaai is met simbolisme en verwysings wat die meeste lesers sal moet naslaan, is Louw se gedigte nie ontoeganklik nie. Dit is gedigte wat op diepgaande wyse ontleed of bloot net waardeer kan word."

Boekresensie: Koms van die biblioteekbus en ander stories deur Keina Swart

Yolanda Wessels
Resensies

"Die boek prut met vermaaklike vertellings en ’n versameling herinneringe wat versigtig, koesterend in borrelpapier toegedraai kan word."

Boekresensie: Kristalvlakte deur Amy Jephta

Temple Hauptfleisch
Resensies

"Kristalvlakte is ’n knap en opvoerbare verwerking van ’n klassieke teks deur ’n opwindende dramaturg, ’n werk wat nie net ’n komplekse plaaslike krisis belig nie, maar as teks en in hierdie vorm sy plek met gemak inneem in die kanon van Suid-Afrikaanse toneelwerke."

Resensie: So is dit nou – nog stories van gister en vandag deur Johan van Wyk

Sarel Venter
Resensies

"Van Wyk se skryfwerk is ’n kosbare kultuurhistoriese dokument. Dit lewer sosiale kommentaar op mense en hul dinge: op ’n hoë leefstyl en ander se swaarkry, op vergrype en uitbuiting, maar ook op deernis en barmhartigheid."

Resensie: Waar die oog van stil word deur Ilse van Staden

Dewald Koen
Resensies

"Die geslaagde gebruik van ’n verskeidenheid beelde asook die onopgesmukte aard van haar skryfstyl, bied aan die poësieliefhebber ’n lushof van woorde wat stille berusting sal bring in ’n era van ’n semichaotiese gejaag na wind."

Nuwe Stemme 6: Onderhoud met Bibi Slippers

Bibi Slippers, Naomi Meyer
Onderhoude

"Maar ek lees gedigte omdat dit emosies ontlok wat kompleks en soms verwarrend en ongemaklik en opwindend is. Asof ek ’n kitaar is, en digters is mense wat ander akkoorde ken as net die gewone C, F en G."

Twintig vrae aan LAPA se jeugromanwenners

Izak de Vries
LAPA Uitgewersportaal

Al drie verhale beskryf die woede van tieners. LitNet het met die wenner, Jan Vermeulen, en die twee naaswenners, Fanie Viljoen en Marita van der Vyver, gesels.

Jaco Botha (1972–2016)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

“Om te skryf is vir my instink. Dis soos om asem te haal. Dis die enigste ding wat werklik sin maak en die enigste dryfveer in my lewe.” Jaco Botha se Skrywersalbum in nou volledig bygewerk.

Rolls Royce: Bargain Books Willowbridge North

Izak de Vries
Blogs

"LAPA Uitgewers het onlangs twee bekendstellings by Bargain Books Willowbridge North gehou; wat ’n wonderlike winkel."

Die monde loop oor

Crito
Blogs

"Albei resensente knoop jou aandag vas met die manier waarop hulle Veldsman en sy boek lof toeswaai."

Menings

Die state capture-verslag is uit, so what?

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Elke keer juig die optimiste onder ons. Hiérdie keer sal hy moet bes gee. Hiérdie keer sal die ANC die lig sien en hom met ’n stewige stoot onder die agterstewe die vergetelheid instuur. Hiérdie keer sal hy moet verantwoording doen. Elke keer beskaam die hoop."

Eva, nee, Krotoa se Afrikaans

Olivia M Coetzee
Rubrieke

"Moet my toggie veoodeel, o God
Beskerm my tog teenie gangstes,
Van dié wat innie straate loep,
tot daai wat die gawement ennie kerke se banke vol sit ..."

Skoleseminaar: Aanspreeklikheid in die onderwys

Seymour Bothman
SA Skoleseminaar | Schools Seminar

"Inderdaad het alle kinders toegang tot skole, maar onderwyskenners is dit eens dat alle leerders nie toegang tot gehalte- en goeie onderwys het nie."

Jonk en trots Afrikaans

Jean Oosthuizen
Menings

"Afrikaanse studente en hoërskoolleerders is baie minder bekommerd oor die toekoms van die taal as die ouer geslag."

Kerk benodig ’n paradigmaskuif oor gays

Chris Jones
Geestelik

"Die buitengewone Algemene Sinode-sitting van die NG Kerk vind volgende week (7–10 November) plaas. Een van die belangrike sake wat bespreek gaan word, handel oor selfdegeslagverhoudings."

Jans Rautenbach (1936–2016)

Martin Botha
In memoriam

"In al sy rolprente het hy die medium gebruik vir sy persoonlike wêreldbeskouing en het hy vrae gestel oor wie en wat die Afrikaner is."

Die mediumtermynbegroting 2016 – in presies hoeveel moeilikheid is ons?

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Ek wil amper voorstel dat daar ’n aparte item op die begroting behoort te kom – iets soos Zuma Verdedigingsfonds. Dit het tyd geword dat ons kan sien presies wat hy ons land kos, in reële terme."

In memoriam: Sybil Sands

Albert Maritz
In memoriam

"Meegevoel met die talle wie se lewens sy aangeraak het. Wie se lewens sy kon ophelder met ’n ster tot die sterre – dié wat sy help maak het, dié wat sy waardeer het en dié vir wie sy geskyn het."

ATKV groet Nico Carstens

ATKV
In memoriam

Die ATKV wil sy medelye betoon aan familie en vriende van Nico Carstens in dié hartseertyd.

Digitaal en speel-speel leer met Xander: 'n onderhoud

Sibella Knott-Craig, Naomi Meyer
Skole

"Ons wil graag dmv hoëkwaliteit-, digitale toepassings ons eie kinders ’n geleentheid gee om digitaal te kan meeding met hul eweknieë wêreldwyd. Hulle kan nou nuwe konsepte in hul eie taal bemeester ..."

Visekanselier Adam Habib se perspektief oor die studenteprotes

Victor Correia
Universiteitseminaar | University Seminar

"Die toekoms van publieke universiteite in Suid-Afrika lê volgens hom [Habib] in die weegskaal en besonderse leierskap is nodig om te verseker dat die kommerwekkende tendense waarop hier gewys word, omgekeer word."

Persvrystelling: Taalraad se kommentaar op die US se Hersiene Toelatingsbeleid

Afrikaanse Taalraad
Die Afrikaanse Taalraad-portaal

"Dit sal ook die taalverskuiwing na Engels versterk, ’n proses met geweldige sosiale, kulturele, sosio-ekonomiese en menslike gevolge, iets wat geloofwaardige instansies soos UNESCO al sedert die 1950's duidelik maak."

Volksblad-joernaliste ook outeurs van 'n magdom boeke

Herman le Roux
Menings

"Joernaliste van Volksblad het dalk as ’n stokperdjie, of later as beroep, meer boeke geskryf as redaksielede van enige ander koerant in Suid-Afrika – of selfs in die wêreld!" Kyk na hierdie lys van skrywers en boeke.

LitNet Akademies

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van ’n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is Panamo Properties (Pty) Ltd v Nel die (regte) antwoord?

Anneli Loubser
LitNet Akademies (Regte)

"Die feit is egter dat die moontlikheid nou geskep is vir veel groter misbruik deurdat direkteure met die proses kan begin om voordeel trek uit die gevolge wat outomaties intree, maar vir ’n onbepaalde tydperk geen kennis aan geaffekteerde persone gee nie, en ook nie ’n ondernemingsreddingspraktisyn aanstel wat hul magte en bevoegdheid sal beperk nie."

Skryfwerk

PEN Afrikaans se aanlyn New Voices-slypskool: Eerste kommentaar op "In alle veiligheid" deur Jaco du Plooy

PEN Afrikaans, Izak de Vries, Danie Marais
PEN Afrikaans

Lees Izak de Vries en Danie Marais se kommentaar op Jaco du Plooy se kortverhaal, "In alle veiligheid".

PEN Afrikaans se aanlyn New Voices-slypskool: Eerste kommentaar op "Die vlieg en die waiter" deur Elisha Zeeman

PEN Afrikaans, Izak de Vries, Danie Marais
PEN Afrikaans

Lees Izak de Vries en Danie Marais se kommentaar op Elisha Zeeman se kortverhaal, "Die vlieg en die waiter".

elegie

Elize Koch
Poësie

"dit was ’n grys dag ..."

Leefstyl

Prince Albert Leesfees: 4 tot 6 November 2016

LitNet
Feeste

Die vyfde Leesfees vind eerskomende naweek op Prince Albert plaas. Hier is die volledige program.

Add a little bit of Palesa to it

Izak de Vries
Lifestyle and entertainment

On Saturday, 24 September 2016 Palesa was crowned the winner of ATKV-Muziqanto 2016. “I love the stage,” she told me. “I love an audience.”

Filmresensie: Queen of Katwe

Suzette Kotzé-Myburgh
Film

"Wat ’n mens bybly van hierdie plek-plek skreiende film, is die drie sentrale karakters – die vasberade Phiona, haar vegter-ma en die wyse, ruimhartige Robert – gespeel deur drie akteurs wat mekaar perfek aanvul."

Persverklaring: kykNET wil deel in jou sprokiesbruilof

LitNet
kykNET Portaal

As jy en jou verloofde ’n interessante storie het om te vertel en boonop vriende en familie het wat op TV sal skitter – stuur ’n uitnodiging aan kykNET. Hier is nog besonderhede.

Regte kar vir piekniek

Hennie van Deventer
Blogs

"Eienaars van nuwer CR-V’s kners op hul tande en ons generasie is opnuut in ons skik met wat ons het."

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2016 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved