|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 679
14/12/2017
|
Krities Afrikaans
|
Frans David Oerder.
Anglo-Boereoorlogtekeninge & skilderye
Hierdie publikasie gee ’n volledige beeld van die kunstenaar Frans David Oerder (1867–1944) se oeuvre – sy Anglo-Boereoorlogtekeninge, landskappe, genrestukke, portrette, blomstudies en stillewes, interieurs, dierestudies en grafiese werk. Tydens die Anglo-Boereoorlog was Oerder die enigste amptelike kunstenaar aan Boerekant, maar tot dusver is nog geen volledige geskiedenis van sy deelname aan dié oorlog geskryf nie. In hierdie boek word Oerder se Anglo-Boereoorlogtekeninge nou vir die eerste keer so volledig moontlik afgedruk en beskryf.
Skrywer: Alexander E Duffey
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485300915
Prys: R395 |
 |
|
 |
Krisis in ons opvoedingstelsel
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Tensy daar daadwerklike en drastiese verbeteringe gebeur aan die manier waarop ons kinders onderrig word, gaan ons binne die volgende dekade of twee ’n ongeletterde generasie volwassenes op hande hê."
|
 |
Geskiedkundige konferensie oor Afrikaans in die Noord-Kaap
Marni Bonthuys
Seminare en essays
"Dit is herhaaldelik beklemtoon dat dit noodsaaklik is om alle sprekers te oorreed om eienaarskap te neem van húlle Afrikaans en weg te doen met die beeld van Afrikaans as die taal van die onderdrukker wat deur enkelinge in ivoortorings gebruik word."
|
 |
Flakka, die Big Days en Bitcoin
Olivia M Coetzee
Rubrieke
"Parties, niewe klere – Krismisklere – en braaivleis en dop, en fireworks, en armed robberies, en alles wat mal is, en swimming pools, en Krismiskaarte, en cheap Krismisboeme, en cheap Krismisprêsens onnerie cheap boem, en maer Vade Krismisse byrie malls. Dis al wee daai tyd, mense."
|
 |
’n Eersteklas byeenkoms vir Suid-Afrika se Eerste nasie
Denver Breda
Menings
"Nooit sou ek tog gedink het dat die Universiteit van die Vrystaat sulke 'groundbreaking' werk sal doen vir ons Khoesan-mense, dat hulle spasie en tyd sal skep vir eerlike gesprekke oor die uitdagings van Suid-Afrika se eerste nasie en dat hulle ook die eerste organisasie sal wees om die 'acknowledgement of country' te doen nie."
|
 |
Op die Rand van die afgrond
Jason Lloyd
Rubrieke
"Wat duidelik is, is dat die ekonomiese groei laer is as die bevolkingsgroei. Dit beteken as ’n land word ons elke jaar armer."
|
 |
Krap uit die see deur Fourie Botha: ’n resensie
Ronel Foster
Resensies
"Hy oorspeel nie sy hand met die simbole en intertekste nie en laat genoeg aan die verbeelding van die leser oor. Ten slotte is dit ’n bundel met die harde karapaks van ’n krap wat die intieme binneste beskerm en telkens weer hernuwe kan word."
|
 |
Oor berge en dale deur Jackie Grobler: ’n resensie
Dawid de Wet
Resensies
"Hierdie boek hoort in die voertuig wanneer die gesin dié Kersfees die lang pad vat Stilbaai toe. Stop gerus by een van ons land se geskiedkundige plekke en waardeer die lang reis wat ons saam afgelê het."
|
 |
LAPA se boeke vir die Kerskous
LAPA Uitgewers
LAPA Uitgewersportaal
Kersfees lê om die draai en LAPA Uitgewers het ’n klompie boeke wat dalk net die keuse vir geskenke sou kon vergemaklik.
|
 |
1795 deur Dan Sleigh: ’n lesersindruk
Monica Hammes
Lesersindrukke
"Ek hou van boeke wat my prikkel om ander boeke te lees, om na musiek te luister, om kunswerke te bekyk en plekke te besoek wat in die teks genoem word en wat my nuuskierig maak. 1795 is so ’n boek."
|
 |
Paulus deur Adrio König: ’n lesersindruk
Barend van der Merwe
Lesersindrukke
"Met hierdie boek oor Paulus het König ’n belangrike publikasie in Afrikaans die lig laat sien oor ’n onderwerp waarvan baie mense hopeloos te min weet, en hoewel ek nie met baie van sy idees saamstem nie, het ek dit weer eens verrykend gevind om te lees wat hy alles oor Paulus se twis met die vroeë kerk te sê het."
|
 |
Brand: ’n onderhoud met Peet Venter
Peet Venter, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude
"Die kernverhaallyn gaan oor die politieke riller waarin ons land haar bevind. Die pres en sy kliek besef hulle tyd om te roof raak min, maar hulle wil so lank as moontlik aan die mag klou."
|
 |
Jaareind
Crito
Blogs
"Seker gepas dat die jaar afgesluit word met ’n groot bydrae oor digbundels – is dit my verbeelding of het daar in 2017 meer bundels as in 2016 verskyn?"
|
 |
LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2017
LitNet
Wen
Wat is 2017 se Afrikaanse woorde wat ontstel, prikkel of die heersende gesprek saamvat? Laat weet ons teen middernag 15 Desember 2017. Jy kan R1 000 kontant losslaan.
Let wel: Slegs inskrywings wat per e-pos ontvang word, sal in aanmerking kom. Inskrywings in kommentare op die sosiale media en LitNet sal nie oorweeg word nie.
|
 |
Aspekte wat kinders se leesmotivering beïnvloed
Nandi Lessing-Venter, Maritha Snyman
LitNet Akademies (Opvoedkunde)
"Wanneer kinders gemotiveerd is om te lees, geniet hulle die leesproses en versterk dit hulle vertroue in hul vermoëns om te lees. So ontwikkel kinders intrinsieke leesmotivering en lees hulle met geesdrif en nuuskierigheid."
|
 |
Loki Rothman: Dit is passie
Annie Klopper, Loki Rothman
Musiek
"Die reaksie op mense se gesigte by ’n lewende optrede. Wanneer ek doodstil sit in die ateljee maar sweet van opgewondenheid wanneer daar iets mooi gebeur. Dit is passie. Die woorde, kommentaar en ondersteuning van die publiek voer dit en inspireer en druk my vorentoe."
|
 |
EVITA by die Kunstekaap: ’n resensie
Danie Botha
Teater
"Emma Kingston se vertolking toon wisseling; sy skep kontraste. Sy gee nie net strelende, soet sang nie. Sy klink ook soms verbete, skerp en aggressief. Want haar sang en toneelspel vorm ’n eenheid. Haar groot én kleiner bewegings verhelder die betekenisse van die lirieke."
|
 |
Kamfersdam
Sunelle Geyer
Poësie
"Johannesburg na Kaapstad
bokant Kimberley ..."
|
 |
was gewees
Susanne Pike
Poësie
"tussen my en jou rol
’n potlood lomp"
|
 |
Tong
Willem Adriaan van Zyl
Poësie
"Gedagtes gekluister, idees gegysel
Glip deur sinaps, ontsnap uit die vesel"
|
 |
Swart hond
Hélène van Wyk
Poësie
"maar in jou plek
op my skoot
was ’n hond"
|
 |
Onverdiende genade
Louise Viljoen
Fiksie
"Die dood is deesdae ’n troue metgesel, gedurigdeur aan sy sy. Soms dink hy as hy vinnig sou kyk, sal hy hom daar sien staan. Hulle het mekaar immers voorheen al takserend in die oë gekyk. Die dag toe hy Mietjie kom haal het."
|
|