|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 675
16/11/2017
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Skuins voor twaalf |
Johanna
Johanna van Cas Wepener is ’n roman oor die dood van ’n vrou, Johanna, en haar impak op die mense rondom haar se lewens. Johanna is lesbies in ’n tyd wanneer dit in die George waar sy grootword en die grootste deel van haar lewe woon, nie sosiaal aanvaarbaar is nie. Die verhaal word geskryf vanuit verskillende perspektiewe: vanuit haar geliefde Muriel se oogpunt, haar wyse bediende Nonna, haar suster, haar dominee en haar susterskind Willie s'n. Hulle almal probeer haar dood verwerk en sin maak van sekere dramatiese gebeurtenisse in haar lewe as klein dogtertjie.
Skrywer: Cas Wepener
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485307907
Prys: R195
|
 |
|
 |
South Africa can work: ’n onderhoud met Frans Rautenbach
Frans Rautenbach, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude
"Behalwe om die regering uit te stem, moet ons werk daarvan maak om ons regeringstelsel te hervorm. Studies wys dat gedesentraliseerde regerings (waar belangrike sake op provinsiale of selfs munisipale vlak besluit word) die helfte of minder korrup as gesentraliseerde samelewings is."
|
 |
Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys en hoe om nuwe denke rondom skole te bou
Jerome Joorst
SA Skoleseminaar | Schools Seminar
"Die kernpunt is dat ons almal by die mikrovlak van die samelewing (die ouerhuis) begin om ons kinders toe te rus met ’n taal van hoe om ’n diverse samelewing te navigeer, ’n doelbewuste alternatiewe narratief as die een wat sentreer rondom ras, en op so ’n wyse ’n ander diskoers in die land meebring."
|
 |
Wink rommelstatus vir ons?
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"In Suid-Afrika sit ons met leunstoelekonome wat reken dat as die rand val, ons dit net weer kan optel."
|
 |
Kô lat ôs praat
Olivia M Coetzee
Rubrieke
"Praat wêk altyd! As djy vi Malema of Zuma volg en djy wiet die bra is vekeerd, praat sam jou kaders. Die ding is dié: amal sienie die punt altytie. Hulle is soe veblind deurie haat en wrok wat hulle dra, dat hulle net plek soek om dit iewers of op iemand uit te haal."
|
 |
Uit die argief: Zimbabwe, 2008
Wouter
Uit die argief
"In April 2008 word Peter Godwin deur die Amerikaanse tydskrif Vanity Fair na Zimbabwe gestuur om verslag te lewer oor die verkiesings gehou op daardie stadium en veral die verbasende aspek daarvan – aangesien dit voorgekom het asof Mugabe uiteindelik na ongeveer drie dekades uitgestem sou word en Morgan Tsvangirai by hom sou oorneem."
|
 |
Die dood en die sin van lewe: ’n onderhoud met Anton van Niekerk
Anton van Niekerk, Jean Oosthuizen
Skrywersonderhoude
"Geloof in God is nie die antwoord op wetenskaplike vrae nie. Dit bied wel ’n antwoord op sinvrae of eksistensiële vrae. Met laasgenoemde bedoel ek vrae oor wat die sin van die lewe is en wat die sin is van die samehang van alle dinge soos ons dit in die werklikheid beleef."
|
 |
The President’s keepers: Kaapstad-bekendstelling
Menán van Heerden
Menings
Op 15 November het die bekendstelling van The President’s keepers deur die joernalis en skrywer Jacques Pauw by die Kelvin Grove Club in Nuweland plaasgevind. Glynnis Breytenbach was in gesprek met Pauw. Luister hier na klankgrepe van die gesprek.
|
 |
Die vrou in die blou mantel deur Deon Meyer: ’n resensie
Jacques Myburgh
Resensies
"Hy het ’n meesterlike en kompakte speurverhaal saamgestel met geen pretensie nie, en dan is dit nog almal se gunsteling-speurder, Bennie Griessel, wat die vreemde moord van die verbleikte lyk moet oplos."
|
 |
Wilde klawer deur Vita du Preez: ’n resensie
Yolanda Wessels
Resensies
"Wilde klawer slaag daarin om jou deurlopend te boei en inderwaarheid as gevangene te hou totdat antwoorde ontknoop en McKenna die geheime van lank gelede ontsyfer."
|
 |
Press release: Charges laid against Jacques Pauw
LitNet
Books and writers
"Instead of investigating what Pauw’s explosive new book reveals about the agency – including that millions of rands of taxpayers’ money was blown on a bogus parallel intelligence network – the SSA has chosen to 'shoot the messenger'."
|
 |
Slordig
Crito
Blogs
"Die punt is dat sulke dinge nie moet gebeur nie. Dis slordig. En irriterend. En as Crito in die vreemde sit, maak so iets hom nie regtig lus om die resensie verder te lees nie." |
 |
Die dans van die watermeid: ’n teaterresensie
Mercy Kannemeyer
Teater
"Hier is dus ’n sterk en goeie voorbeeld van teater wat die samelewing kan transformeer, en teater wat lig laat skyn op onderwerpe wat wil voorkom asof daar nie teater van gemaak kan word nie."
|
 |
Gaan spoor jouself op in Klein-Tibet
Gerrit Rautenbach
Reis
Het jy al ooit gewonder of daar méér is? Of daar ’n deel van jouself is wat jy nog moet leer ken? As jy meer van jouself en meer van jou plek in die lewe wil ontdek, kan Streetschool die antwoord wees met hul unieke toere, avonture en werkswinkels in Dharamsala in die noorde van Indië. Gerrit Rautenbach het gaan kyk hoe werk dit doer in die Himalaja.
|
 |
Persvrystelling: RSG Skatkis vol woordwalse
LitNet
Leefstyl
"RSG Skatkis is ’n splinternuwe konsep waarmee RSG sy luisteraars vir vier dae lank met drama, woordkuns, ’n dokumentêr en boonop ’n eksklusiewe dubbeldoor-bekendstelling gaan bederf."
|
 |
Die robot
Willem de Vries
Fiksie
"Die geboutjie was weg. In die plek daarvan is ’n slagboom wat rus op ’n mik. ’n Metaalboks steek vir die motoriste ’n papiertong uit. Dan lig die slagboom op."
|
 |
Bybel in Kaaps: Die boek van Rut
Olivia M Coetzee
Bybel in Kaaps
"'Ek hettie mans gesê om jou uit te los, en nie lastig te wiesie. En wanne djy dors is, gan na die watekruike toe en drink vannie wate wattie wêksmense vi hulle geskep het.'"
|
 |
"Ek voel anders as ander mense": inskrywings
LitNet
Skryfkompetisies
"Ek voel anders as ander mense" is LitNet se jongste kompetisie vir skoolleerders. Hier is die eerste inskrywings wat vir die kompetisie ontvang is. Die kompetisie sluit op 30 November 2017.
|
 |
Tot in die soveelste geslag
Cornelia de Kock
Fiksie
"Die adellike swaeltjie Erika von und zu Berghoven (née Schüler), het elke jaar vanuit die koue Keulen in die Boland by haar aangetroude Afrikaanse familie kom kuier. Stellenbosch was vir haar die paradys."
|
 |
Press release: PhD seminar presented by Maricel Botha
LitNet
Academics and schools
You are invited to a seminar presented by Maricel Botha at 10:15 for 10:30 on Monday, 20 November 2017 at the Department of Languages, Cultural Studies and Applied Linguistics, University of Johannesburg.
|
 |
Press release: PhD seminar presented by Tongshinung Goteng
LitNet
Academics and schools
You are invited to a seminar presented by Tongshinung Goteng at 11:00 for 11:15 on Monday, 20 November 2017 at the Department of Languages, Cultural Studies and Applied Linguistics, University of Johannesburg.
|
 |
Prestasiebeurs van die Van Ewijck-Stigting weer beskikbaar
LitNet
NeerlandiNet
"Daar kan weer aansoek gedoen word vir die Van Ewijck-Stigting se prestasieprys van
R75 000. Dit is ’n prys vir bewese prestasies wat reeds gelewer is en verband hou met die doelstellings van die Stigting wat kulturele betrekkinge tussen Suid-Afrika en Nederland in die ruimste sin bevorder."
|
|