|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 669
6/10/2017
|
Krities Afrikaans
|
South Africa can work
In this insightful and provocative book, Frans Rautenbach proposes a complete overhaul of policy thinking, and provides fresh arguments that effectively address South Africa’s high unemployment, race problems and lack of education.
Author: Frans Rautenbach
Publisher: Penguin
ISBN: 9781776092406
Price: R250 |
 |
|
 |
Vermis deur Jeanette Stals: ’n resensie
Riette Rust
Resensies
"Liefhebbers van die spanningsgenre én Huisgenoot-lesers kan naderstaan. Jeanette Stals se nuwe roman, Vermis, bevat die vereiste spanning en drama. Daarby wag ’n paar sappige geheime om blootgelê te word."
|
 |
Alles begin met Anna deur Annemari Coetser: ’n lesersindruk deur Alta Cloete
Alta Cloete
Lesersindrukke
"Die grootste waarde van hierdie roman lê in die oopskryf van die lyding en psigiese ineenstorting van ’n enkeling en die langdurige uitwerking daarvan op haar nasate. Dis ’n tragiese verhaal, ja, maar dis eintlik verfrissend dat ’n stoere Boervrou in haar menslike swakheid uitgebeeld word."
|
 |
Wenners van kykNET-Rapport Boekpryse vir 2017 bekend
LitNet
Boeke en skrywers
Die wenners van die kykNET-Rapport Boekpryse – die grootste pryse van hul soort in Afrikaans – is op Saterdag 30 September 2017 in Kaapstad bekend gemaak. Die Jan Rabie-Rapportprys vir die beste debuutroman in Afrikaans, asook die twee kykNET-Rapportpryse vir boekresensent van die jaar is by dieselfde geleentheid oorhandig.
|
 |
Commendatio: kykNET-Rapport Boekresensent van die jaar 2017: Fiksie – Danie Marais
Bibi Slippers
Boeke en skrywers
"Die resensie is ’n skitterende voorbeeld van hoe die gesprek rondom boeke kan uitkring en deel word van die breër diskoers rondom politiek, seksualiteit en identiteit – eintlik enige onderwerp of aktuele kwessie – en lesers bedag kan maak op gebeure en ontwikkelinge in die boekwêreld, maar ook in die breër samelewing."
|
 |
Sonder geesdrif
Crito
Blogs
"Crito steur hom nie aan rubrieke nie, maar wanneer rubriekskrywers blitsresensies inkorporeer in hul skrywes, kan mens dit nie ignoreer nie."
|
 |
Wen met jou lesersindruk vir LitNet!
LitNet
Lesersindrukke
Lees jy ’n boek waarvan jy ander lesers wil vertel? LitNet nooi alle lesers uit om hul indrukke van ’n boek wat gedurende die afgelope 12 maande verskyn het, te skryf en te stuur. LitNet loof ’n prys uit van ’n R1 000 kontant vir een van die gepubliseerde lesersindrukke wat ons aandag trek.
|
 |
Afrika en koloniale gebiedsverdeling: ’n onderhoud met Willie Breytenbach
Willie Breytenbach, Menán van Heerden
Onderhoude
"Die beduidendste gevolge van kolonialisme was Europese taaloordrag (bv Engels en Frans), die oorneem van sport deur Europese sportsoorte soos sokker, rugby en krieket in feitlik alle kolonies, die vestiging van die moderne bankwese (’n Britse produk) en regstelsels soos Britse maatskappyregte."
|
 |
Waarom die Bybel in Kaaps?
Olivia M Coetzee
Rubrieke
"Miskien gie dit mense hoep, mense soes daai vrou wat innie warme son voo daai cash loans gesit en wag het. Miskien kan hulle oek hoep kry ommie liewe differently te sien, as hulle die woord van God kan vestaan in hulle eie taal."
|
 |
Bybel in Kaaps op RSG se Sondagjoernaal
LitNet
Skryfwerk
"Jy moet ook verstaan dat daar baie verskillende vorms is van Kaaps, so hoe meer mense kan deel raak van die translation, hoe beter is dit vir ons, om ons ’n kans te gee om asem te haal en uit die skaduwee van Afrikaans te kom." Olivia M Coetzee het op 1 Oktober op RSG se Sondagjoernaal met Lizelle de Bruin gesels.
|
 |
Die vokaalstelsel van Genadendalse Afrikaans: ’n verkenning
Daan Wissing
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
"Hierdie artikel is ’n verslag van ’n akoestiese ondersoek na aspekte van die vokaalstelsel van Genadendalse Afrikaans (GA), ’n belangrike variant van Bruin Afrikaans wat in die Wes-Kaap gepraat word."
|
 |
Gespierde Afrikaans
LitNet
Akademies en skole
Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid? LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. Kyk na ons lesers se voorstelle.
|
 |
Laat die spelling van jou taal soos ’n paal bo water staan
LitNet
Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal
"Alle Afrikaanse taalpraktisyns word hartlik uitgenooi om saam met Gerhard van Huyssteen, voorsitter van die Taalkommissie, om ’n tafel te sit en touwys gemaak te word oor die veranderinge in die jongste, omvattende Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS)."
|
 |
Raaiselkind: ’n filmresensie
Réney Warrington
Film
"Raaiselkind is my lewe uitgespel op die silwerdoek. Ek was deel van ’n familie wat deur ’n erg gestremde broer vernietig is. Ek het ook kontak gehad met soortgelyke families. Ek kan derhalwe met gesag sê die draaiboek het die chaos perfek vasgevang ..."
|
 |
Liewe Kersfeesvader: ’n resensie
Réney Warrington
Film
"Liewe Kersfeesvader is ʼn vars, onvergeetlike komedie, met ongelooflike spelers in die rolverdeling en ʼn belowende regisseur (en skrywer) wat nog groot hoogtes gaan bereik."
|
 |
Aardklop 2017: ATKV-Boeke-oase
LitNet
Aardklop
Die ATKV-Boeke-oase by vanjaar se Aardklop bied ’n propvol boekeprogram gratis aan. Kom luister watter interessante boeke vanjaar in die nuus is en ontmoet die skrywers.
|
 |
Persvrystelling: Sewe dae by die Silbersteins in Gucci
LitNet
Leefstyl
"Die 54-bladsy-foto-essay bring Etienne Leroux se roman Sewe dae by die Silbersteins tot die lewe in ’n unieke ontmoeting van letterkunde en modeontwerp. Beide die Engelse en Afrikaanse weergawes word Vrydag 6 Oktober in Kaapstad bekendgestel."
|
 |
Persvrystelling: Art Franschhoek 2017
LitNet
Kuns
"In 2016 het die vallei Art Franschhoek bekend gestel, ’n viering van fyn kuns waar besoekers die geleentheid gebied word om tydens Oktober en November kuns uit die boonste rakke te aanskou en geniet."
|
 |
Bybel in Kaaps: Johannes 6, deel 2
Olivia M Coetzee
Bybel in Kaaps
"Dit vesieke Ek julle: Wie in my gloe hettie iewige liewe. Ek issie brood wat liewe gie." Lees en luister na Olivia M Coetzee se Bybel in Kaaps-vertaling.
|
 |
Huldeblyk
Tinus Viviers
Fiksie
"Leandri neem die A4-grootte koevert, wat Anton vir haar uithou, in haar hande. ’n Laaste brief? Néé! Dis nie wat sy wil hê nie! Hy moet steeds hier wees! Haar binneste wil vulkanies tussendeur haar ooglede uitspoel."
|
 |
Heimwee
Dorette Bester
Kuberklas Kreatief
"Voor ek weet, sit ek in jou grootwordhuis. Dis nou ’n verlate, oorvol stoorkamer, maar die houtmeubels dra nog die reuk van heimwee."
|
 |
My Kroon
Carié Maas
Fiksie
"Hoeveel keer het hy nie hierdie toneel in sy kop laat kom nie: die dag van afrekening. Toe sy ma met Sofina saam van die beroerte laat weet het, het hy besef hy sou nie meer sy pa met geweld hoef sit te maak nie."
|
 |
Pos beskikbaar: Bestuurder van PEN Afrikaans
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans is op soek na ’n nuwe bestuurder. Dit is ’n kontrakpos vir een jaar en die bestuurder kan van die huis af werk teen ’n mededingende salaris.
|
|