|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 662
18/08/2017
|
Krities Afrikaans
|
’n Droë wit seisoen en ’n Oomblik in die wind
(heruitgawes)
’n Droë wit seisoen en ’n Oomblik in die wind deur André P Brink is klassieke Afrikaanse werke wat nou heruitgegee is met ’n nuwe voorkoms. In ’n Droë wit seisoen word ’n man se sin vir regverdigheid geskok deur die gewettigde moord op sy swart tuinier en dié se seun tydens die Soweto-betogings in 1976. ’n Oomblik in die wind vertel die onvergeetlike verhaal van liefde oor die kleurgrens in die agtiende eeu.
Skrywer: André P Brink
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798174909 / 9780798174893
Prys: R285 elk |
 |
|
 |
On Record: ’n onderhoud met Schalk van der Merwe
Schalk D van der Merwe, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude
"Musiek (en natuurlik ander vorme van kuns) is iets wat die samelewing weerspieël. Selfs ’n popliedjie met oppervlakkige lirieke is ook op ’n manier betekenisvol. Wat die invloed van Suid-Afrika se geskiedenis op Afrikaanse musiek betref: ja, dit is grootliks die kern."
|
 |
Die groot drie: ’n onderhoud met François Verster
François Verster, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude
"Die gevaar van satire is net dat jy nie die mán te veel moet speel nie, eerder die bal – val die onreg aan wat gepleeg word, nie alewig die persoon wat dit pleeg nie, anders kan die simpatie na die oortreder verskuif."
|
 |
Al wat ek weet: ’n onderhoud met Marita van der Vyver
Marita van der Vyver, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude
"Maar ek dink tog tieners het ’n emosionele intensiteit wat die meeste volwassenes iewers langs die pad verloor. En as jy vir tieners wil skryf, is die grootste uitdaging miskien om hierdie emosionele intensiteit te bly voel."
|
 |
Ingrid Jonker-prys: Kortlys 2017
LitNet
Boeke en skrywers
"Die kortlys vir die Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse debuutdigbundels wat in 2015 en 2016 gepubliseer is, is pas bekend gemaak."
|
 |
Verskroeide aarde: ’n onderhoud met Fransjohan Pretorius
Fransjohan Pretorius, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude
"Ek dink ons almal se ervaring is egter dat soos ons ouer word, die geskiedenis vir ons belangriker word. Ek weet dat baie Afrikaanse ouers vir hul kinders van die Anglo-Boereoorlog en die konsentrasiekampe vertel en wil vertel."
|
 |
Losing the plot: crime, reality, and fiction in postapartheid writing by Leon de Kock: book review
Rita Barnard
Books and writers
"... De Kock, it seems to me, gets much right in Losing the plot. His preoccupations seem all the more relevant as we try to untangle the dense web of corruption in South Africa, decipher the shifty nonsense emerging from the White House, hope to differentiate news from fake news, and find ways of living in a murky world in which states have become indistinguishable from criminal enterprises and politicians from racketeers."
|
 |
Fritz Steyn (1913–1986)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Wyle regter Steyn het hom op talle terreine onderskei – in die letterkunde en die politiek, in kultuurkringe en die regswese. Hy was ’n selfstandige denker en sy sienings was soms polemies. Die polemiese het hy met ’n besondere humorsin getemper." Lees oor Fritz Steyn se lewe en werk.
|
 |
The wisdom of adders by Dan Wylie: book review
Elsibe Loubser
Books and writers
"The story as a whole is set so far in the future, yet is so grounded in our connection to the primitive and natural world, that it conveys the same type of timeless appeal as Game of Thrones (although the latter’s genre is fantasy). For this reason, we can forgive the sometimes hackneyed feeling of the poems."
|
 |
Die Mauer: A German crime thriller set in a South African gated community
Karin Schimke
Books and writers
"Annas has taken some pretty evident elements of the South African reality and mixed them into a breath-stopping brew: a wall, some 'intruders', a tinderbox socio-political milieu and a few overinflated egos that concern themselves almost exclusively with obsessively safeguarding the privilege contained within the wall."
|
 |
Shéri – Nes ek is: boekbekendstelling
LitNet
NB-Uitgewersportaal
Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Shéri – Nes ek is op 14 Oktober in Bellville. Die skrywer, Shéri Brynard, sal met haar ma, Susette, oor die boek gesels.
|
 |
14 Augustus 2017: Gelyke kanse vs die Universiteit Stellenbosch
Izak de Vries
Universiteitseminaar | University Seminar
"Vir Heunis is dit duidelik dat die nuwe beleid, wat Engels onomwonde as die voertaal van die universiteit stel, daargestel is om Open Stellenbosch te plesier." Izak de Vries lewer verslag oor die eerste dag van die hofaansoek oor die taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch wat in die hooggeregshof in Kaapstad aangehoor is.
|
 |
Wat Engels vir Afrikaanse mense beteken
Hans Pienaar
Universiteitseminaar | University Seminar
"Die storie oor Afrikaans by Maties gaan darem al lank aan. En dis kompleks. Die Open Stellenbosch- (OS-) veldtog het dit skouspelagtig gemaak, gemoedere gaande gehad en mense gedwing om op hul voete te dink. Dis nou alles weg."
|
 |
Die dag toe die ANC die Kool-Aid gedrink het
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Wat agt jaar gelede ondenkbaar was, is nou feitlik onafwendbaar. Indien die ANC die volgende algemene verkiesing wen, wat glad nie verseker is nie, sal hulle waarskynlik in koalisie moet gaan."
|
 |
Alfred Schaffer: gasskrywerskap by die Universiteit Leiden
Alfred Schaffer, Menán van Heerden
Onderhoude
"Die Nederlandse taal bly ’n belangrike brug as dit gaan oor spesifiek Afrikaans en Nederlands, maar as ons praat van Suid-Afrika, dan is gedeelde ervarings nog belangriker as taal, en speel byvoorbeeld musiek en vertaalde literatuur ’n groot rol, juis deur die toenemende multikulturaliteit."
|
 |
Herdenking van die afskaffing van slawerny
Diana Ferrus
Seminare en essays
"Groot was my verbasing toe ek hoor dat die nasate van tot-slaaf-gemaakte mense in Nederland (hoofsaaklik van Surinaamse herkoms) die slawehandel en die vrystelling van hul voorouers vir ’n hele maand lank herdenk!"
|
 |
Die lewe is ’n lied
Jan JP van der Merwe
Menings
"Op die ouderdom van 16 sien hy die folksanger Pete Seeger in aksie tydens ’n skoolkamp en daar en dan byt die musiekgogga vir Neil Diamond. Kort na hierdie skoolkamp ontvang Neil Diamond sy eerste kitaar, en gou ontpop hy in ’n ywerige liedjieskrywer."
|
 |
Mandela-dag 2017: SBA-jeugleiersforum
Nelmari Kemp
Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans-portaal
"Die jongmense se vars, toekomsgerigte sienings het gesorg vir opwindende gesprek en die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) glo dat die ervaring hulle ook vorentoe sal motiveer en inspireer om met vrymoedigheid as jong leiers daarop aan te dring om ’n daadwerklike bydrae binne hulle gemeenskappe te maak."
|
 |
Taaldag 2017: ’n onderhoud met Willem Botha
Willem Botha, Naomi Meyer
Onderhoude
"Vroeër is daar veral hulde gebring aan die taalstryders wat die weg gebaan het vir die erkenning en ontwikkeling van Afrikaans, maar vandag word klem gelê op die belewing van Afrikaanse musiek, letterkunde en toneel."
|
 |
Tuin van digters 2017: program
LitNet
Feeste
"Haal uit die digwoorde, gryp die digbundels en koop jou kaartjie. Dit is tyd vir die 6de Tuin van digters op 15 en 16 September 2017 by die Breytenbach Sentrum in Wellington."
|
 |
Etienne van Heerden-veldsoirée
Darryl David
Feeste
"Tydens die naweek van 22 tot 24 September gaan die eerste Etienne van Heerden-veldsoirée plaasvind. In Cradock, op Buffelshoek, waar Olive Schreiner se sarkofaag is. Langs die plaas waar Etienne van Heerden lank as kind gebly het. En by Die Tuishuise, waar groot dele van Etienne se jongste roman, Die Wêreld van Charlie Oeng, geskryf is."
|
 |
The Mystery of Irma Vep: ’n resensie
Maryke Roberts
Teater
"Dit gaan nie in almal se smaak val nie; dit gaan te laf en oppervlakkig wees vir sommige ernstige teatergangers, maar vir wie dit kan sien en waardeer vir die lawwigheid, is dit beslis net wat die dokter voorgeskryf het."
|
 |
BoekeJol 2017: fotoblad
Reney Warrington
Feeste
Die BoekeJol vind van 16 tot 20 Augustus in Pretoria plaas. Reney Warrington deel ’n paar van haar foto's.
|
 |
ATKV-Muziq: Van klein dorpie na wêreldstede
Izak de Vries
ATKV-Portaal
"Op 29 Julie 2017 het Sulayman Human afgereken met die room van Suid-Afrika se jong musici. Nou, ná sy oorwinning in ATKV-Muziq, wag die wêreld se verhoë vir hierdie boorling van Dysselsdorp."
|
 |
Atomic blonde: film review
Reney Warrington
Film
"In Atomic blonde, they managed to find the coolest, yet totally eighties, outfits for Charlize. The styling and lighting as a whole are perfect. The Atomic blonde delivers a love letter to a cold, blue and grimy Berlin, five days before the fall of the Berlin Wall."
|
 |
Vonnisbespreking: Bewerings van owerspel: gedingsvatbare laster?
Johann Neethling, Johan Potgieter
LitNet Akademies (Regte)
"Bewerings van owerspel val duidelik binne hierdie kategorie en sal sekerlik die slagoffer se goeie naam of aansien in die oë van die redelike persoon nadelig tref. Huwelikstrou word steeds op grond van die morele en godsdienstige oortuigings van die gemeenskap hoog geag en huweliksontrouheid weens owerspel veroordeel en as blaamwaardig beskou."
|
 |
Landskapvers
Joan Hambidge
Poësie
"Landskap, so weet jy te vertel,
verraai immer iets van die binne-
landskap, die innerlike stoornisse."
|
 |
Pluk vir my ’n ster
Stanley Cierenberg
Fiksie
"My mens, dis nou al drie jaar wat ek by die Smaailie-kind werk. Hy is seker al so in sy dertigs, maar vir ’n vrou van 63 jaar oud, is dit mos maar ’n kind. Sien? Ek kan nog so goed onthou hoe ek hier by hom beland het, soos gister sit dit nog in my gedagtes vas."
|
 |
Forty years after dawn
Mbizo Chirasha
New writing
"State plans still dressed in torn overalls of parliament
Bullet speaks louder than ballot"
|
 |
Asemrowende stilte
Dorette Bester
Kuberklas Kreatief
"Die feit van die saak is, as ons drie nie onwettige vlugtelinge op ’n luukse skip was nie, kon ons dalk nou duisende mense se lewens gered het. Om nie eers te praat van ons eie lewens nie, maar hoe red jy iemand wat nie verdien om gered te word nie?"
|
 |
BSV-slypskool 2017 met Etienne van Heerden
Corlietha Swart
Slypskole
"Die veelbekroonde skrywer Etienne van Heerden lei vanjaar die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) se nasionale slypskool vir ontluikende skrywers wat op Saterdag 26 Augustus 2017 plaasvind." Hier is nog inligting oor die slypskool.
|
|