Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 614

25/08/2016

E-posadres:

Krities Afrikaans

LitNet: Jou kortlys

Pasverskyn

Swartval

Haar brein jaag net so vinnig soos haar hart. Dis hy. Die een wat die blomme op haar kar gelos het. Hy het teruggekom. En hierdie keer het hy nie gekom om iets te bring nie, hy het gekom om iets te vat.

Vir haar.

Skrywer: Martin Steyn
Genre: Roman
Uitgewer: LAPA
Prys: R240

Boeke en skrywers

kykNET-Rapport Boekpryse: Kortlyste is hier!

LitNet
Boeke en skrywers

"Die kortlyste vir vanjaar se kykNET-Rapport-pryse, die grootste boekpryse in Afrikaans, is pas bekend gemaak. Vanjaar sluit die pryse, afgesien van die kategorieë vir fiksie, niefiksie en film, ook twee resensiepryse in."

Mense agter boeke: Jaco Botha gesels met ouduitgewer Danie Botha

Danie Botha
Boeke en skrywers

"En die weervoorspelling? Dit het gelui dat teen die namiddag verspreide donderwolke in die Noordelike Karoo sou opkom."

PEN Afrikaans: Voorsittersverslag by die Algemene Jaarvergadering 2016

Kerneels Breytenbach
PEN Afrikaans

PEN Afrikaans se jaarvergadering het op Saterdag 20 Augustus in Lynnwood, Pretoria plaasgevind. Lees die voorsittersverslag.

PEN Afrikaans: Bestuurder se verslag en vooruitskouing 2016

Danie Marais
PEN Afrikaans

PEN Afrikaans se jaarvergadering het op Saterdag 20 Augustus in Lynnwood, Pretoria plaasgevind. Lees die bestuurder se verslag en vooruitskouing.

Resensie: die na-dood deur Breyten Breytenbach

Alwyn Roux
Resensies

"Dit is egter ook die belangrike uitsprake omtrent sy interne poëtika, sy innige gesprek met die leser, sowel as die verbluffende verstegniese aspekte van sy werk, wat Breyten Breytenbach se meesterskap bevestig."

In die bed met Bibi en Marita

Marita van der Vyver, Bibi Slippers, Naomi Meyer
TV

Bibi Slippers en Marita van der Vyver verklap leesgeheime vanuit die slaapkamer.

Onderhoud: Marlize Hobbs oor ’n Suitcase vol sterre

Marlize Hobbs, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude

"Die titel kom uit een van die gedigte, waarin ek beskryf hoe mens soms opkyk en die sterre wat soos wasgoed aan die hemel hang, wegbêre in jou suitcase. Sodat jy daarmee kan travel."

Onderhoud: Anna Emm oor Die storieverteller se boek

Anna Emm, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude

"Ek skryf al my hele lewe lank stories – dis al wat ek wou doen vandat ek kan onthou."

Boekresensie: Moordlys deur Henk Breytenbach

Dewald Koen
Resensies

"Moordlys as spanningsroman is ’n welkome byvoeging tot die genre. Breytenbach bou hiermee voort op die sukses van sy debuutroman."

Ons Japie en die Anglo-Boereoorlog – relevant vir vandag se lesers?

Emma Kotze
Menings

"Verhale vanuit die Anglo-Boereoorlog moet beslis steeds gelees en vertel word, maar hand aan hand met verhale van kleingeskiedenisse wat daarmee saam die groter Suid-Afrikaanse geskiedenis vorm."

Boekresensie: Verlorenkop deur Celesté Fritze

Janien Linde
Resensies

"Verlorenkop is ’n verdienstelike debuut wat ’n verhaal vertel wat interesseer en gemaklik lees. Dit dra by tot die verruiming van die tradisie van die plaasnarratief in Afrikaans deur spesifiek die lesbiese perspektief daarop oortuigend weer te gee."

Boekbekendstellingsindrukke en foto's: Ons Japie: Die Boereoorlogdagboek van Anna Barry

Naomi Meyer
Boeke en skrywers

"Anna Barry het in September 1899 besluit om dagboek te hou omdat sy besef het dat alles wat aan die gebeur is 'van historiese belang' is." Hier is indrukke van die boekbekendstellingsgeleentheid en foto's.

Resensie: Vroue van die Bybel deur Esté Geldenhuys

Helene de Kock
Resensies

"Die boek is vlot geskryf en die skrywer is seker van haar saak. Geldenhuys probeer nie bekeer nie, sy getuig net."

Uitnodiging: Bekendstelling van Broedertwis deur Albert Blake

LitNet
NB-Uitgewersportaal

Jy word uitgenooi na ’n gesprek tussen Albert Blake en Deon Maas op 5 September 2016 in Die Hotelskool in Roodepoort.

Hartkloppings

Crito
Blogs

"’n Mens voel lus om die boek onmiddellik te koop."

LitNet Akademies

Die “grense van menswees” en insekwording in Willem Anker se Samsa-masjien (2015)

Joan-Mari Barendse
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"My gevolgtrekking is dat Samsa-masjien, ’n verhaal wat uiteindelik oor mense gaan, wel die grens tussen mens en dier afbreek. Die oorskryding van grense strek selfs verder deurdat die skeiding tussen mens, dier en masjien opgehef word."

Menings

Leë wit ruimtes en die politiek van nostalgie

SJ Naudé
Seminare en essays

"Dis tog sekerlik ’n perverse keuse om in Afrikaans te wil skryf oor ’n wêreld wat groter is as Suid-Afrika, dit wil sê in ’n klein minderheidstaal wat net hier gepraat word, wat in ’n onmoontlike politieke posisie verkeer en net ’n handvol lesers oor het."

Het Afrikaanse liedjies hierdie studente gehelp om Afrikaans te leer praat?

Jaydey Sass, Elbie Adendorff, Estelle Kruger
Onderhoude

"Ek het geleer dat taalverwerwing met pret en genot saamgaan; dat selfs ietsie net so klein soos luister na musiek akademiese waarde het. Dit was vir my verblydend dat die studente wat na musiek geluister het, wel verbetering in uitspraak getoon het."

Regsalmanak: Die verskyningsvorme van opset

Gustaf Pienaar
Rubrieke

"Kan ’n daad van terreur teen volkome onskuldige slagoffers – soos mev Rhys en andere in Harris se geval – ooit vanuit ’n moreel-etiese oogpunt vergoeilik word?"

Koalisies is die toekoms

Izak de Vries
Blogs

"... wenners is nie!"

Skryfwerk

Wat is daar hier?

Danie Marais
Poësie

"... die vier versteurde jaargetye gaan verward verby
die verkeerde klankbaan vir die verkeerde fliek niemand
kan meer tussen die spesiale effekte
van globalisering, vooruitgang en verval onderskei nie ..."

In die akwarium onder ons

Danie Marais
Poësie

"’n Bende pylsterte en ’n sonvis hou jou
om en om dop
soos veiligheidskameras van ’n ou seeheks
in die I&J Predators Tank."

Die Ding

Pierre Shamley
Fiksie

"Dit voel soos ’n ewigheid, maar die deur swaai oop."

Stil stemme

Louis Nell
Poësie

"bevlekte reënboë
as offerandes
vir ons gebroke
wêreld ..."

Maslow-piramide

Marthé McLoud
Poësie

"... knus in die driehoekspunt"

Strate van plastiek

Dorette Bester
Kuberklas Kreatief

"Natgesweet in die oggendson het hy plastieksak en al die winkel binnegeloop."

Vermaak

Wie was Master Jack – 'n myner van Welkom?

Jan JP van der Merwe
Menings

"Vir dekades het ek gewonder wie Master Jack is of was."

Foto's: BoekeJol en FilmRol 2016

Naomi Bruwer
Boeke en skrywers

"2016 se BoekeJol en FilmRol was 'n groot sukses, met interessante skrywerspraatjies en goeie films."

Photos: The Star Soweto Literary Festival 2016

Darryl David
Books and writers

The Star Soweto Literary Festival 2016 took place from 19 to 21 August. Darryl David shares some of his photos with LitNet.

Teaterresensie: Pay back the curry

Maryke Roberts
Teater

"Jy lag dat die trane loop, maar dink terselfdertyd oor die waarheid van sy woorde. Jou arm skuur teen die swart vrou langs jou, wat ook haar trane afvee en in die donker in jou rigting glimlag. Almal deel van die reënboognasie wat blinkoog wag op beter."

Midlands Literary Festival: Programme

LitNet
Lifestyle and entertainment

KZN's premier book festival, the Midlands Literary Festival, is taking place in Yellowwood, Howick on 27–28 August. The complete programme is now available.

#DIGKUNSVIRALMAL: Tuin van digters – 16 tot 18 September 2016

LitNet
Feeste

Die Breytenbach Sentrum op Wellington se "Tuin van digters" vind vanjaar van 16 tot 18 September plaas.

Kunste Onbeperk-persverklaring: geleenthede vir skrywers van verhoogtekste

LitNet
Teater

Volgens Hugo Theart, kreatiewe hoof van Kunste Onbeperk, het skrywers tot Maandag 12 September 2016 om voorstelle elektronies in te dien.

Persverklaring: Inligtingsessies vir liedjieskrywers oor musiekregte

LitNet
Musiek

Liedjie, CAPASSO en die ATKV-Liedjieslypskool bied inligtingsessies aan vir liedjieskrywers en kunstenaars oor musiekregte en die toekoms van musiek.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2016 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved