|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 664
31/08/2017
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Jou Kaaps-kompetisie |
Nou, hier
Op die oppervlak van dié hoogs afgeronde digdebuut roer daar ‘n oënskynlike eenvoud, maar onderliggend is ’n web van deurdagtheid versteek. Coetzee put uit die veeldimensionele wêreld van die vrou, die groei en verbrokkeling, vreugde en pyn van verhoudings, die Boeddha, die aarde en die hier-en-nou soos gesetel in die durende gang van lewe en dood.
Skrywer: Corné Coetzee
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798176200
Prys: R200 |
 |
|
 |
Wen ’n prys met Kaaps!
LitNet
Wen
LitNet is al ’n geruime tyd besig met ’n projek om dele van die Bybel in Kaaps te laat vertaal. Indien jou huistaal Kaaps is, nooi ons jou uit om die onderstaande bekende gedeelte uit die Bybel in jóú Kaaps te vertaal.
|
 |
67 woorde vir Mandela-dag: ’n onderhoud met die kompetisiewenner
Johan van der Merwe, Liné Enslin
Onderhoude
"Iets van ons hoop en vrese het oornag weggeraak en ek staan moedig en statig en wag vir die terugkeer daarvan, wanneer 'Mama Afrika' weer die banier van sin en herstel sal hys vanuit die wêreld wat om ons aan die brand is."
|
 |
67 woorde vir Mandela-dag 2017: wenner aangekondig
LitNet
Skryfkompetisies
Altesaam 140 inskrywings is vir LitNet se skryfkompetisie, '67 woorde vir Mandela-dag', ontvang. 20 deelnemers het die kortlys gehaal, en een van hulle is die wenner van ’n heerlike boekpakkie.
|
 |
Silwerskermfees 2017: Die wonderwerk van ons onvertelde stories
Jaco Barnard-Naudé
Film
"Ons leef in hierdie land in ’n tyd van ontnugtering op soveel vlakke. Die gesprek by die fees na die vertoning oor Krotoa het laasgenoemde weer eens duidelik gemaak. Maar ek dink tog dat ons by vanjaar se Silwerskermfees by meer as een geleentheid die 'eruption of the miraculous in life' op die silwerdoek kon meemaak."
|
 |
Silwerskermfees 2017: indrukke van die kortfilms
Suzette Kotzé-Myburgh
kykNET Portaal
"Vanjaar se oes bevestig net weer dat ons bedryf oor uitstaande talent beskik, veral wat betref akteurs, regisseurs, musiek, tegniese versorging en kinematografie."
|
 |
Fotoblad: Die herkoms van Afrikaans ‒ Taalmaandvieringe in die Paarl
Menán van Heerden
Menings
"Die Afrikaanse Taalraad (ATR) en Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) het op Saterdag 26 Augustus as deel van hul gesamentlike Taalmaandvieringe in die Paarl ’n paneelbespreking en kultuurprogram oor die herkoms van Afrikaans aangebied."
|
 |
Navorsingsassistentskappe: wie behoort aangestel te word?
Estelle Kruger, Ewelina Niemczyk, JP Rossouw
Onderhoude
"Dit is my oortuiging dat ons nie net moet konsentreer op die mentorskap van permanent aangestelde jong personeel nie, maar ook moet belê in toekomstige navorsers deur die potensiaal van navorsingsassistente te ontgin."
|
 |
Schrijvers in het verzet
Yves T'Sjoen
NeerlandiNet
"Naar aanleiding van de herdenking van de moord op Steve Biko, in september precies vier decennia geleden, is het Biko-gedicht van Schierbeek weer voor het voetlicht gebracht. Het is bekend dat in de jaren zeventig en tachtig van de vorige eeuw schrijvers, kunstenaars en politieke militanten zich in Nederland met optredens en publicaties inschreven in de culturele boycot van het blanke superioriteitsregime in Zuid-Afrika."
|
 |
Kwikintoksikasie: transendensie van gevolge
Handré Brand
Menings
"Kwik word reeds vir nagenoeg 150 jaar in amalgaamvulsels as ’n belangrike herstelmetode in tandheelkunde en -tegnologie gebruik. ’n Hewige en omstrede debat oor die moontlike nadelige effek van kwik en amalgaam op tandheelkundige pasiënte duur reeds dekades lank."
|
 |
Politiek in Suid-Afrika is die nuutste TV-reeks
Tani du Toit
Menings
"Ek is ’n 23-jarige Suid-Afrikaner, tans besig met my honneurs in politieke studie op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit. Ek het hierdie artikel geskryf om Suid-Afrikaners in te lig oor die gebeure in die politiek en om my mening te lug oor wat tans in ons land aan die gang is."
|
 |
Paaiboelie deur Chanette Paul: ’n resensie
Daleen Venter
Resensies
"Paul slaag skynbaar moeiteloos daarin om ’n oortuigende stem aan elke karakter te gee, twee verhaallyne deeglik te verweef sodat ’n mens male sonder tal kopkrap, en ’n ontknoping neer te pen wat jou mond behoorlik sal laat oophang."
|
 |
Etienne van Heerden (1954–)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"In my geval is die landskap altyd een van die hoofkarakters in my boeke. My onderbene is ingemessel in Afrika en dit blyk uit my skryfwerk." Lees oor Etienne van Heerden se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.
|
 |
African Library: And crocodiles are hungry at night by Jack Mapanje
Annie Gagiano
Books and writers
"This important narrative, like other well-known, earlier examples of African prison memoirs, many of them by famous writers, is a record of courage, friendship and enterprise in loyal league against the incarcerating, isolating and obliterating forces of tyranny."
|
 |
Press release: Open Book Festival programme 2017
LitNet
Festivals
The seventh Open Book Festival will take place from 6 to 10 September at The Fugard Theatre, District Six Homecoming Centre, A4 Arts Foundation, PH Centre, Central Library Cape Town, Elsies River Library, Kuyasa Library and The Book Lounge from 10:00 to 21:00 each day.
|
 |
Uitnodiging: NP Van Wyk Louw-gedenklesing
LitNet
Akademies en skole
Die Departement Tale, Kultuurstudies en Toegepaste Linguistiek (UJ) bied op 14 September ’n NP Van Wyk Louw-gedenklesing aan. Marius Crous van die Nelson Mandela Universiteit is die spreker. Hier is nog inligting.
|
 |
Briljant
Crito
Blogs
"Mens kry positiewe besprekings wat lesers net wil inlei in die vreugdes van die boek en jy kry positiewe besprekings wat vir die skrywer die binnevet van die boud gee omdat daar nog swak plekke in die kunswerk te bespeur is." |
 |
Vergifnisonderwys: Is dit (voor)teoreties toereikend begrond?
Hannes van der Walt
LitNet Akademies (Opvoedkunde)
"Erkenning van diversiteit ook in terme van vergifnis en hoe dit gegee word, maak dit vir almal binne ’n samelewingsverband soos ’n skool moontlik om hulself uit te leef, die sin van die lewe na te streef soos hulle dit verstaan en op dié manier waarde by te dra in en tot die mensdom."
|
 |
HemelBesem by die Etienne van Heerden-veldsoirée
Darryl David, Naomi Meyer
Feeste
Dis pas bekend dat HemelBesem ook by die Etienne van Heerden-veldsoirée optree. Die soirée vind van 22 tot 24 September 2017 in Cradock (by Buffelshoek) plaas. Darryl David verskaf praktiese inligting.
|
 |
Aardklop 2017: ’n onderhoud met Henque Heymans oor DEURnis
Henque Heymans, Liné Enslin
Aardklop
"Anders as ander teaterervarings, waar jy gemaklik verlore raak in die gehoor en absolute anonimiteit geniet, word jy hier ’n karakter. Sonder om ’n woord te uiter besef jy wie jy as gehoor 'speel' en bevind jy jou in iemand anders se skoene."
|
 |
Krotoa: uit ’n historiese oogpunt
Emile Coetzee
Film
"Ek hoop dat hierdie rolprent oor Krotoa wel ’n aansporing sal wees vir vervaardigers en maatskappye wat produksies kan befonds om te erken dat gehore nie histories-gebaseerde rolprente sommer sal verafsku nie – veral nie as dit ’n hoë vlak van akkuraatheid het nie!"
|
 |
The Fantastic Grifizzi Brothers: Word weer kind met dié sirkus
Maryke Roberts
Leefstyl
"Die laaste paar jaar is sirkusse meestal ’n hartseer ervaring met kostuums en tente en mense wat eens in hul fleur was, maar nou half desperaat vasklou aan die magiese van vervloë dae. Dis nou tot jy by die vlaggies van die boheemse The Fantastic Grifizzi Brothers op die Van der Stel-sportgronde op Stellenbosch indraai."
|
 |
Wenners van die kykNET Silwerskermfees 2017
LitNet
kykNET Portaal
Die wenners van die sewende kykNET Silwerskermfees is op Saterdag 26 Augustus 2017 by The Bay Hotel in Kampsbaai aangekondig. Hier is ’n lys van die wenners.
|
 |
Oemmie’s Merang
Izak de Vries
ATKV-Portaal
Die ATKV het op 20 Augustus besoek gebring aan die mense van die Bo-Kaap. | On 20 August the ATKV paid a visit to the people of the Bo-Kaap.
|
 |
Zuid-Afrikahuis: Programma, Oktober 2017
LitNet
NeerlandiNet
Die Zuid-Afrikahuis bied in Oktober ’n opwindende program aan, met die Week van de Afrikaanse roman om na uit te sien. Daar is ook gesprekke met Ingrid Winterbach en Rudie van Rensburg, lesings oor Learning Zulu, Ons kom van vêr en Karel Schoeman se oeuvre, ’n optrede deur Jannie du Toit en Guy Königstein se kunsuitstalling.
|
 |
Persvrystelling: Nic de Jager by die WAT
LitNet
Woordeboek van die Afrikaanse Taal-portaal
"Nic de Jager is op 8 September die gas by die volgende Woordpret van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Nic is tans die aanbieder van Nic se Goed op RSG, maar hy is ook ’n bekende akteur, omroeper, regisseur, fotograaf en vervaardiger van dokumentêre en musiekprogramme."
|
 |
O my goeie volk by Die Boer
LitNet
Teater
"Ses vroue. Afrikaans. Elk op haar eie manier uniek verteenwoordigend van die Afrikaner-vrou. In haar eerste eenvroukomedie blaas Esther von Waltsleben lewe in ’n rits rustelose karakters wat jou hardop sal laat lag."
|
 |
Die vrou met die piering
Elna Jordaan
Fiksie
"Ek hou my piering in my linkerhand en my teekoppie in my regterhand; presies soos Ma my geleer het. Al is ek in die Wimpy. My vyftigjarige hande is skurf. My naels is kort en gesplinter. Sunlight liquid en Handy Andy is nie jou maters nie. Ek moes liewers my naels as my hare laat doen het vir tant Sus se begrafnis."
|
 |
Tierneefkop
Heinrich Matthee
Poësie
"Ons dans en ons sing by die tierneefkop,
die bier en die grappe is tuisgebrou ..."
|
 |
Graad 4-wiskundevraestel: derde kwartaal
Marise Oberholzer
Notas, toetse en vraestelle
Hier is ’n gratis wiskundevraestel en memorandum vir graad 4-leerders. Die vraestel toets leerders se kennis van volume en kapasiteit, breuke, heelgetalle, 2D-vorms, aansigte en patrone.
|
 |
Graad 5-wiskundevraestel: derde kwartaal
Marise Oberholzer
Notas, toetse en vraestelle
Hier is ’n gratis wiskundevraestel en memorandum vir graad 5-leerders. Die vraestel toets leerders se kennis van heelgetalle, breuke, massa, faktore, temperatuur, 2D-vorms, transformasies en vermenigvuldiging.
|
|