Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

Nuusbrief 592

23/03/2016

Krities Afrikaans

LitNet: Jou bier en bloed

Menings

“Met bier en bloed en dans en trom”

Tertius Kapp
Seminare en essays

"Ons geslag, ons wat laat gebore is, ons wat alle vertroue in kollektiewe aksies verloor het, ons moet eers terugkeer na die grot. Ons moet in die modder gaan krap saam met ons medegevangenes, vuurvliegies volg, die skaduspel beskou, en al dieper teen die rotswand vas staar."

Seksuele geweld is nie 'n lagsaak nie

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Hoe kan ons verbaas wees dat jong mans nie vroue se liggame respekteer nie, wanneer volwasse mans oor verkragting lag?"

Meertaligheid: Bruegel se twee apies

Karien Brits
Seminare en essays

"Taal is nie die begin en die einde van ontwikkeling nie, maar ons kan ook nie daarsonder ontwikkel nie. Hoe duur is dit om nié in meertaligheid te belê nie?"

Binne die skool, buite die kurrikulum, vind jy jou doksa

Izak de Vries
Seminare en essays

Diegene wat gelukkig genoeg is om na die KKNK te gaan, moet beslis probeer bespreek vir twee toneelstukke. Die eerste is Die einde, en die tweede is Vyf: ’n dokumentêr. Lees hoekom.

Regsalmanak: Ondertekening van parlementswette

Gustaf Pienaar
Rubrieke

"Wat dié gebeurtenis interessant en buitengewoon maak, is dat mnr De Klerk die wet onderteken het in sy ampsvliegtuig terwyl hy en die Minister van Buitelandse Sake onderweg was na Windhoek om die onafhanklikheidsvierings van Namibië by te woon."

LitNet Akademies

(On-)Verantwoordelike rolprentvervaardiging: Die voorstelling van plaasmoorde in Darrell Roodt se Treurgrond (2015)

Dian Weys
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Die teenwoordigheid van AfriForum, TLU en Steve Hofmeyr, tesame met die aanwending van die spanningsrillergenre, die skouspelagtigheid, die klassieke Hollywoodstruktuur en die voorsiening van 'n slotsom in die finale tonele, manipuleer die gehoor tot 'n oorvereenvoudigde persepsie van plaasmoorde."

LitNet Akademies: Kitsgids

LitNet
LitNet Akademies

LitNet Akademies se kitsgids tot al die belangrikste inligting.

Leefstyl

Unspoken/Stilswye, 'n solo-uitstalling deur Anton Brink

Ampie Coetzee
Kuns

"Die oorgrote meerderheid van die skilderye het as titels die name van party van André se boeke: Die ambassadeur; Die eindelose weë; Ander lewens; Orgie; 'n Oomblik in die wind ..."

Pappa (The Blue Door)

Anton Brink
Art

Anton Brink shares his thoughts behind the The Blue Door, an installation artwork reflecting his relationship with his deceased father, André P Brink. This work is part of the solo exhibition Unspoken/Stilswye currently on view at the Breytenbach Gallery in Wellington.

Fleur du Cap-toekennings 2016

Emma Kotze
Teater

"Samsa-masjien was sonder twyfel een van vanjaar se gunstelinge, met ‘n hele aantal pryse wat aan die produksiespan toegeken is. Dead yellow sands, Die seemeeu en Orpheus in Africa was die ander produksies wat met meer as een toekenning huis toe gegaan het."

US Woordfees 2016-teaterresensie: Plant vir my 'n boom, André

Izak de Vries
US Woordfees

"Steinmair het puik navorsing gedoen. Aan die een kant is daar die bekendheid van die briewe, aan die ander kant gee sy agtergrond wat nié in die briewe vervat word nie – soos die redes waarom die reis na Spanje en Parys so rampspoedig was."

Onderhoud: Om vir Pa te vertaal

Naòmi Morgan, Naomi Meyer
Teater

Naòmi Morgan is op pad na KKNK 2016 omdat sy en een van haar MA-studente die Franse dramaturg Florian Zeller se Le Père vertaal het. Sy gesels met Naomi Meyer.

Onderhoud: Isaac Mutant neem Europa oor

Isaac Mutant, Alex J Coyne, Luna Coyne
Musiek

"Ek is gatvol dat almal so sensitive is oor alles."

Filmresensie: Spotlight

Suzette Kotzé-Myburgh
Film

"Gaan kyk hierdie fliek – dit het nie verniet vanjaar die Oscar vir beste film ontvang nie."

Gesprek oor die toekoms van Aardklop duur voort

LitNet
Feeste

Indien voldoende borge tydig vasgemaak word, is daar geen rede waarom daar nie vanjaar vanaf 4 tot 9 Oktober 2016 'n Afrikaanse Kunstefees op Potchefstroom kan plaasvind nie.

LitNet is nou op Pinterest

LitNet het pas die heerlike visuele wêreld van Pinterest betree.

Volg ons Pinterest-profiel, @mylitnet, hier om jou gunsteling Afrikaanse gedigte, lirieke, boeke en skrywers te versamel en te deel.

Dis gratis en maklik om 'n profiel van jou eie te skep. Besoek: http://www.pinterest.com.

Kompetisies

ATKV/Kuier-gedigtekompetisie

LitNet
ATKV-Portaal

Hou jy daarvan om gedigte te skryf? Stuur jou gedig in, jy kan lekker kontantpryse wen!

Twee nuwe pryse vir Afrikaanse boekresensies

LitNet
Boeke en skrywers

Inskrywings vir die Boekresensent van die Jaar-prys sluit 31 Maart.

Boeke en skrywers

Willem Anker (1979–)

Erika Terblanche
ATKV-Skrywersalbum

"Aangesien lesers deesdae skaarser is as hoendertande, ysbere of katoolse pandas, lê die toekoms van Afrikaanse of watookalse letterkunde miskien in die opvoeding van ’n volgende generasie lesers." Lees Willem Anker se skrywersprofiel in LitNet se ATKV-Skrywersalbum.

LitNet Akademies-resensie-essay: Afrikaanse filosofie: Perspektiewe en dialoë deur Pieter Duvenage

Johann Rossouw
Seminare en essays

"Intellektuele dekolonisering in Suid-Afrika behels dat die plaaslike denker erns met die plaaslike konteks maak en met behulp van idees wat, om welke rede ook al, plaaslik relevant is, daarna streef om ’n vrye en regverdige Suid-Afrika te bevorder – ongeag die plek van oorsprong van die idees wat plaaslik ingespan word."

Arthur Nuthall Fula (1908–1966)

Erika Terblanche
ATKV-Skrywersalbum

"Ja, hulle het die geld, maar ek besit die pen, en in my pen lê my bestemming." Lees oor die lewe en werk van Arthur Fula.

Kook saam Kaaps

Izak de Vries
Blog

Fotoblad van die Bonteheuwel-bekendstelling van Kook saam Kaaps.

Onderlangs

Weer 'n kans op geluk (Deel II)

Dromer
Hygliteratuur

"So breek Saterdagoggend aan ..."

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2016 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved