|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|

Nuusbrief 583
21/01/2016
|
Krities Afrikaans
|
 |
Waarom Afrikaans gelyke status by US verdien
Jan Heunis
Seminare en essays
"Watter morele of juridiese regverdiging kan daarvoor bestaan om in ’n see van oorvloed Engelse universiteite Afrikaans sy gelyke status te ontneem by een van twee universiteite waar dit nog moontlik is om gelykberegtiging tussen Afrikaans en Engels in die praktyk te verwesenlik?"
|
 |
Regsalmanak: Stephan Welz se epiese hofstryd
Gustaf Pienaar
Rubrieke
"En dit is juis die verkoop tydens ‘n veiling van ‘n besondere boek in drie volumes wat Welz in die 1990’s in ‘n hewige hofstryd laat beland het wat oplaas in die hoogste hof van appèl in Bloemfontein besleg is."
|
 |
Quo vadis Maties?
Jean Oosthuizen
Menings
"Hopelik is volgende week se konvokasievergadering die voortsetting van ’n reis na ’n beter bestemming vir Matieland ..."
|
 |
Pieter Herman Kapp
Christo Viljoen
In memoriam
"Pieter Kapp was benewens gesinsmens en befaamde historikus, volledig mensch." Christo Viljoen het hierdie huldeblyk by Pieter Kapp se gedenkdiens gelewer.
|
 |
Somer van 2015
Hennie van Deventer
Blogs
"Het ’n Beeld-voorblad skrams raakgelees met die nuus dat die kwik op 31 – dalk 41 – plekke rekordhoogtes bereik het op Donderdag 7 Januarie. Kan persoonlik getuig van ’n 32ste – of 42ste – plek: my seer geliefde Sabiepark. Hier is – hou vas julle sonhoede! – ’n skroeiende 47 grade aangeteken."
|
 |
"Your library is your soul": Reflecting on Kate Atkinson’s A God in Ruins
Karina Magdalena Szczurek
Books and writers
"A God in Ruins is many things. It is the story of a British family set against the historical background of the past century. It is a novel about war and its aftershocks. It is a fine inquiry into human nature. But above all, it is a declaration of love for literature, its power and its manifold mysteries."
|
 |
Resensie van Land van skedels deur Nicola Hanekom
Nico Luwes
Resensies
"Land van skedels is uiteindelik ʼn ritueel oor die gruwelikheid en verskrikking wat oorlog aan die mens, wat nie meer mens geag word nie, doen. Hierdie drama behoort deur alle nasies in hierdie land gelees te word – hierin kry almal stem."
|
 |
Olga Kirsch (1924–1997)
Erika Terblanche
ATKV-Skrywersalbum
"Die Afrikaanse digkuns is enorm verryk deur Olga Kirsch met haar beskeie dog beduidende oeuvre." – Joan Hambidge. Lees oor die lewe en werk van Olga Kirsch in die ATKV-Skrywersalbum.
|
 |
Wonderskoon
Crito
Blogs
"Só eksoties – soos ’n sigeuner, het ek gedink. Kitaar, bandana, jeans, T-hemp en kruisbande, as ek reg onthou. Dalk was dit ’n beret, nie ’n bandana nie.
Sy sang was iets wonderskoons."
|
 |
Paul Kruger en die pers in die ZAR, 1890–1895
Heinie Heydenrych
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
"In Mei 1893 is Eugène N. Marais, die redakteur en eienaar van die koerant Land en Volk, egter daarvan aangekla dat hy die President belaster het, en die verloop en uitslag van daardie saak het beslis ’n groot rol gespeel in die regering se besluit om ’n perswet te aanvaar."
|
 |
Wiskundewenke vir ouers aan die begin van die jaar
Marise Oberholzer
Skole
"Wiskunde hoef natuurlik nie net beperk te wees tot huiswerktyd nie. Die kombuis is byvoorbeeld ‘n plek waar kinders die mates aanleer van die meetinstrumente wat ons vir bak en brou gebruik. Op pad na die skool kan kinders verskillende vorme in die omgewing opnoem of die getalle op motors se registrasienommers bymekaar tel."
|
 |
Astrid Roemer: Onverwagse wenner van die PC Hooft-prys 2016
Annemarié van Niekerk
NeerlandiNet
Die Surinaamse skrywer Astrid Roemer het die PC Hooft-prys vir 2016 gewen. "Dit word geïnterpreteer as meer as net die bekroning van ’n individuele skrywer, maar ook as erkenning van die Nederlands-Surinaamse literatuur. Baie kritici voel dat laasgenoemde sterker geweeg het in hierdie toekenningsbesluit as die kwaliteit van Roemer se werk self. Hieroor woed tans ‘n vurige debat binne literêre kringe in Nederland."
|
 |
Uit die argief: Literatuur is voor verliefden
Ingrid Glorie
Uit die argief
"Er wordt wel gezegd dat één mens een ander nooit volledig kan leren kennen. Zo kunnen we ook elkaars literatuur nooit volledig doorgronden en naar waarde schatten. Maar dat is geen reden om niet langer nieuwsgierig naar elkaar te zijn, een gesprek aan te gaan en soms zelfs verliefd te raken."
|
|