Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 665

7/09/2017

E-posadres:

Krities Afrikaans

LitNet: Jou gesprek sonder einde

Pasverskyn

Gespreksgenoot: ’n brieweboek

Hierdie lywige bundel van sowat 700 bladsye is deur Heilna du Plooy saamgestel uit briewe van Elize Botha en verskeie skrywers en ander bekendes. Skrywers en digters soos Audrey Blignault, Hennie Aucamp, NP Van Wyk Louw, Elisabeth Eybers, Lina Spies en baie ander het met Botha gekorrespondeer. Party briewe is diep ontroerend, ander laat jou hardop lag en ‘n klompie lees jy herhaaldelik om die besonderse insig daarin. Die briefskrywers skets die klein en groot gebeure in hulle lewens, deel hul menings oor boeke en mense en vertel van die dinge wat hul lewens moeilik of vreugdevol maak. Dit is ’n intieme teks wat by baie lesers byval sal vind.

Samesteller: Heilna du Plooy
Uitgewer: Litera Publikasies
ISBN: 9781-920188535
Prys: R395

Boeke en skrywers

Gesprek sonder einde deur Chris van der Merwe: ’n resensie

Christo Lombard
Resensies

"Binne die reeds interessante gesprek tussen die teoloog en die letterkundige in hom betrek Van der Merwe die huidige aktuele 'gesprek tussen geloof en wetenskap' ook op ’n besonder deurdagte en stimulerende wyse in die ontwikkeling van sy gedagtes oor die meer omvattende en allesbepalende gesprek tussen God, mens en wêreld. Hierdie belangrikste van alle gesprekke is vir hom 'die gesprek sonder einde'."

The Fifth Mrs Brink: An interview with Karina Szczurek

Karina Magdalena Szczurek, Naomi Meyer
Books and writers

"Love is everything. It is the most precious thing that we are capable of as humans."

Open Book Festival 2017: An interview with Mervyn Sloman

Mervyn Sloman, Naomi Meyer
Books and writers

"Really looking forward to some of the interactions between international and local writers, for example, Master Manipulators at 6:00 pm on Wednesday evening, featuring acclaimed British crime writer Ali Land, Norwegian Carl Frode Tiller and the exciting local debut novelist Chwayita Ngamlana."

Etienne van Heerden-veldsoirée: program

LitNet
Feeste

Tydens die naweek van 22 tot 24 September gaan die eerste Etienne van Heerden-veldsoirée in Cradock plaasvind. Hier is die program en praktiese reëlings oor hoe om verblyf te bespreek by Buffelshoek Dirosie Lodge, of Die Tuishuise, of Victoria Manor.

Heiliger deur Dibi Breytenbach: ’n resensie

Org Potgieter
Resensies

"Heiliger kan – as jy geduldig deur die dryfsand gestoei het! – goed vergelyk met Dibi Breytenbach se debuut, Saliger, en sy opvolg, Vrediger. Sy het reeds 'n groot aanhang verwerf en lewer 'n belangrike bydrae tot die Afrikaanse spanningslektuur."

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: My storie van hoop deur Hykie Berg

LitNet
Du Toitskloof Wyne | LitNet Eerste Slukkie

LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit My storie van hoop deur Hykie Berg, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.

Die Poort: Krygers deur Nelia Engelbrecht, ’n resensie

Henriëtte Loubser
Resensies

"Tieners lees dikwels eerder Engels as Afrikaans, waarskynlik omdat die genres wat hulle verkies (soos fantasie, wetenskapfiksie en futuristiese verhale), nie geredelik in Afrikaans beskikbaar is nie. Juis om hierdie rede is die Poort-reeks so ‘n lekkerlees- en uiters waardevolle toevoeging tot die fantasiegenre in Afrikaans."

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Augustus 2017

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Augustus 2017 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

On your bike deur Chris en Tim Whitfield: ’n resensie

Carinus Lemmer
Resensies

"Dié boek, wat [die skrywers] in hul besige skedules kon aanpak, som die wêreld van bergfietsry in Suid-Afrika, dws die nuwe gholf, mooi op, en lê baie mooi naweekontvlugtings mooi uiteen."

Kleurenblind door Trevor Noah

Herman Meulemans
NeerlandiNet

"Het boek is moeilijk in een hokje te stoppen. Memoires zijn het zeker niet, want die kunnen alleen worden geschreven op het einde van een bewogen leven. Een biografie is het ook niet, want die verwacht je niet over een opgroeiende knaap. Kleurenblind leest zoals een sprookje. Zoals de meeste sprookjes bevat het boek veel hartstocht, toverstokjes die het leven rooskleurig maken, maar ook veel doffe ellende."

Boereverneukers deur Izak du Plessis: ’n resensie

Martie Retief-Meiring
Resensies

"Die leser sal enduit lees, en vir Du Plessis vergewe vir sy soms te gemoedelike styl. Dis dalk die geselligste manier om oor boereverneukers te praat."

Op die vingerpunte van die heelal: ’n onderhoud met René Bohnen

René Bohnen, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude

"Ek kan nie ’n tyd onthou voor gedigte nie."

Wenner van die Ingrid Jonker-prys vir poësie 2017

LitNet
Boeke en skrywers

"Die bundel word deur een van die beoordelaars bestempel as '’n boeiende debuut' wat die leser by die hoogs persoonlike betrek en wat tegelykertyd ook betekenis aan die universele belewenis gee." Hier is die wenner van die Ingrid Jonker-prys vir poësie.

Uit die argief: gedigte deur Hilda Smits

Hilda Smits
Uit die argief

Hilda Smits is 'n vars jong stem met hope talent wat al vir etlike jare gedigte tot LitNet bydra. Hier is 'n keur van haar gedigte wat in ons argief verskyn.

Die Bergengel: Gesprek by Protea Boekwinkel, Stellenbosch

LitNet
Boeke en skrywers

Jy word hartlik uitgenooi na 'n gesprek tussen Carina Stander en Jonathan Amid oor Die Bergengel op Saterdagoggend 9 September 2017 om 11:00 by Protea Boekwinkel.

Die ewige raaisel

Crito
Blogs

"Dis ’n ongemaklike gevoel van ironie wat mens ervaar wanneer jy Johann Rossouw se bespreking van Karel Schoeman se Slot van die dag en Afskeid van Europa lees (Boeke24)."

Menings

Die Afrikan droem

Olivia M Coetzee
Rubrieke

Luister hier na Olivia M Coetzee se rubriek – hierdie keer is haar rubriek mondeling en nie geskrewe nie.

Ramaphosa en die “dirty tricks campaign”

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Ramaphosa is naïef as hy dink negatiewe beriggewing gaan nie sy kanse beïnvloed nie. Joernaliste is naïef as hulle dink die keuse wat hulle maak in hoe hulle berigte verpak, het geen invloed op die uitkomste van verkiesings nie."

Historical monuments: an interview with Lize van Robbroeck

Lize van Robbroeck, Menán van Heerden
Opinion

"There are ways of owning Afrikaner culture that is not sectarian and offensive."

Mbulelo Vizikhungo Mzamane’s "My cousin comes to Jo’burg" and "A present for my wife" as trickster tales

Phil Ndlela
Opinion

"In both stories under discussion, Mzamane has deployed two formidable twin pillars – trickery and humour – in order to effectively recapture specific moments of the black experience under apartheid rule. Not all those moments were characterised by gloom and doom. Some of them were as exhilarating as they were daunting."

Johannes Calvyn (I)

Gerrit van Wyk Kruger
Seminare en essays

"Johannes Calvyn was ’n Franse teoloog en regsgeleerde wat verantwoordelik was vir die Groot Hervorming in die 16de eeu in Europa in die Franse wêreld, en wel in die eerste instansie in Franssprekende Switserland in Genève, soos Martin Luther dit in Duitsland was."

LitNet Akademies

Die toepassing op en validering van ’n voorgestelde subnasionale kredietgraderingsmetodologie vir die Departement van Onderwys, met ’n gevallestudie

Erika Fourie, Tanja Verster, Gary van Vuuren
LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)

"Geen Suid-Afrikaanse subnasionale regering (provinsiale regerings en departemente) het tans ’n kredietgradering nie. Hierdie artikel pas ’n voorgestelde metodologie toe om die kwantitatiewe gedeelte van ’n subnasionale kredietgraderingsmetodologie vir die Departement van Onderwys te ontwikkel."

Naklanke van Arnold van Wyk se Poerpasledam vir fluit en klavier

Marietjie Pauw
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Poerpasledam lewer nie slegs kommentaar op die verlede nie, en nie net kommentaar omtrent ander persone op ander plekke nie. Poerpasledam staan as verklanking vir dit wat mense doen oor tyd- en plekgrense heen wanneer ons, te midde van ’n brose ekologie, skeppend probeer leef."

Skryfwerk

Wen ’n prys met Kaaps!

LitNet
Wen

LitNet is al ’n geruime tyd besig met ’n projek om dele van die Bybel in Kaaps te laat vertaal. Indien jou huistaal Kaaps is, nooi ons jou uit om die onderstaande bekende gedeelte uit die Bybel in jóú Kaaps te vertaal.

Vroue wat my inspireer vir Vrouedag 2017: inskrywings 1

LitNet
Skryfkompetisies

LitNet het lesers gevra om in die lig van Nasionale Vrouedag op 9 Augustus ’n gedig/storie/ware verhaal te skryf oor vroue wat jou inspireer. Hier is ’n paar van die eerste inskrywings. Die kompetisie het op 31 Augustus 2017 gesluit.

Elegie vir ’n sterfling

Jaco Fouché
Poësie

"Stomme Yukio van die jonge masker,
Slinkse Mishima die selfdoodmasjien,
Bedryf ’n eg Japannese plot."

met vakansie

Jemima Meyer
Poësie

"ons draf met Nikes
op pad na die strand"

Vryfees

Jemima Meyer
Poësie

"van vroeg
swoeg hippies en hordes
slyp uitstallers tande
roep en klets
oor koeitjies en kalfies"

ontwaking

Jemima Meyer
Poësie

"ék, met woljapon en koffie
maak skaars my mond oop
al is ek ’n voor-in-die-koor"

Bloedgrond

Chris Joubert
Fiksie

“‘Erfgrond is bloedgrond,’ het haar pa een aand stug verklaar na ’n derde sopie brandewyn. ‘Grond is bloed. Bloed is grond. God behoed die siel wat dit minag.’”

Leefstyl

Filmresensie: Viceroy’s House

Suzette Kotzé-Myburgh
Film

"Te midde van die plaaslike gestoei met ons koloniale verlede (Krotoa en dies meer) was ek eerlikwaar nie lus om my ook nog met die Britte se koloniale geskiedenis te bemoei nie. Viceroy’s House was egter ’n besonder aangename verrassing."

Filmresensie: Nina

Suzette Kotzé-Myburgh
Film

"Simone het agt jaar voor haar dood daarin geslaag om ’n musikale terugkeer te maak, en dis daardie greep uit haar lewe wat die onderwerp van hierdie film is."

The Wound: film review (kykNET Silwerskermfees 2017)

Reney Warrington
Lifestyle and entertainment

"When I say The Wound is transformative, I don’t use the word casually. With great care and respect, John Trengove and his team disconnect you from your world, and walk alongside you into a world foreign to most."

Letterkundig Symposium in het kader van de Week van de Afrikaanse Roman 2017

LitNet
NeerlandiNet

De Week van de Afrikaanse Roman organiseert samen met Universiteit Gent (Gents Centrum voor het Afrikaans en de Studie van Zuid-Afrika) en de Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns op vrijdag 6 oktober een letterkundig symposium.

Skole

Hoe om 'n graad 3-leerder in staat te stel om beter en vinniger te leer

Irene Brand, Christine Anthonissen, Estelle Kruger
Onderhoude

"Die een beginsel wat hier ondersteun word, is dat leerders wat lees-, skryf- en narratiefwerk geniet, meer en vinniger sal leer. ‘n Tweede beginsel is dat minder aandag aan 'taalfoute' en meer aandag aan die proses van skeppend vertel en skryf op die lange duur ook die formele aspekte van taal beter gaan help ontwikkel, omdat leerders nie geïnhibeer word deur vrees vir 'foute maak' nie."

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2017 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved