Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 657

13/07/2017

E-posadres:

Krities Afrikaans

LitNet: Jou bergengel

Pasverskyn

Skwiek

Op ’n dag kry Nathan ’n geheimsinnige boks voor hul woonstel se deur. En binne-in is ’n hamster. Hy is oulik en wollerig en sy naam is Skwiek. En hy is nie sommer ’n gewone hamster nie ... Hy kan mense hipnotiseer! Maar dan vind Nathan uit Skwiek is op ’n geheime sending ... en ’n gevaarlike skurk is warm op hul spoor! 

Skrywer: Jaco Jacobs
Uitgewer:
LAPA
ISBN: 9780799383683
Prys: R100

Boeke en skrywers

Die Bergengel: ’n Onderhoud met Carina Stander

Carina Stander, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude

"Magiese realisme veronderstel ’n realistiese uitbeelding van die werklike wêreld met ’n onverwagse verskyning van die magiese of bonatuurlike. Dit is daardie buitengewone oomblik in ’n doodgewone toneel wanneer die alledaagse heilig word en die heilige alledaags."

Hierdie huis deur Kleinboer: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Johann Rossouw
Resensies

"Waar Karel Schoeman die wel en wee van Suid-Afrika en veral die Afrikaners in die 19de en 20ste eeu soos geen ander Afrikaanse romansier geboekstaaf het nie, so boekstaaf Kleinboer die dood van apartheid en die lewe ná die dood van apartheid soos geen ander Afrikaanse romansier nie."

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Groen soos die hemel daarbo deur Eben Venter

LitNet
Du Toitskloof Wyne | LitNet Eerste Slukkie

LitNet publiseer uittreksels uit pasverskene boeke. Lees ’n gedeelte uit Groen soos die hemel daarbo deur Eben Venter, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.

Misverstand deur Marita van der Vyver: ’n resensie deur Dewald Koen

Dewald Koen
Resensies

"Met hierdie roman het Van der Vyver weer eens, soos met Griet skryf ’n sprokie, ’n skitterende prosateks geskryf wat nie alleenlik toeganklik en genotvol is vir die breër leserspubliek nie, maar terselfdertyd allerlei pittighede en literêre verwysings bevat wat die meer kritiese leser se belangstelling sal prikkel."

Die mense langsaan deur Elsa Hamersma: ’n resensie

Maryke Roberts
Resensies

"Die boek is relevant en wys dat Afrikaanse skrywers ’n boek in die konteks van die Suid-Afrikaanse samelewing kan plaas sonder om enigsins die leesgenot in te boet of prekerig voor te kom."

’n Nuwe Bennie Griessel – in Nederlands

Irna van Zyl
Boeke en skrywers

"Meyer is vanjaar genooi om die geskenkboek vir die Nederlanders se Spannende Boeken Weken te skryf met ’n splinternuwe Bennie Griessel. Die geskenkboek is van 9 tot 25 Junie gratis weggegee aan kopers van spanningsrillers, en volgens die amptelike webwerf het boekhandelaars vanjaar 12 persent meer rillers as verlede jaar verkoop."

An entirely different world: Russian visitors to the Cape, 1797–1870, edited by Boris Gorelik – a book review

Paul Murray
Books and writers

"As with several other cases of travellers rounding the Cape, Russian travellers saw it as a convenient stopover, although it became more than that – a place worthy of a visit."

Die derde spoel deur SJ Naudé: ’n Onderhoud

SJ Naudé, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude

"Die roman is onder andere gemoeid met die letsels wat hierdie stede nog van die groot 20ste-eeuse traumas oorhou, die soort traumas wat ons eie tydvak gevorm (of misvorm) het. Dit is onbestendige, ontstemmende ruimtes hierdie – stede waar herinneringe aan verwoesting en menslike brutaliteit in die weefsel van die geboue bly talm."

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Junie 2017

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Junie 2017 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Lees lekker en wen boeke dié vakansie!

LAPA Uitgewers
LAPA Uitgewersportaal

Dit is skoolvakansie en LAPA Uitgewers wil almal aanmoedig om ’n boek te lees. Daarom gee ons in samewerking met LitNet agt lekkerleesboeke weg.

Boekbekendstelling: Deeg deur Theresa de Vries

LitNet
Kos en wyn

Die bekendstelling van Deeg deur Theresa de Vries vind op Donderdag 20 Julie 2017 in die Paarl plaas.

So reguit as kan kom

Crito
Blogs

"Na maande van redelik voorspelbare resensies, kom daar skielik ’n paar wat nadere ondersoek verdien."

Menings

PEN Afrikaans Vertaalfonds: ’n onderhoud met Marga Stoffer

Marga Stoffer, Naomi Meyer
Onderhoude

"Dit is belangrik vir ons letterkunde om as ’t ware deel te raak van die 'literêre gesprek' in die wêreldletterkunde, en dit is ook belangrik in die konteks van die statuur van ons taal en kultuur en letterkunde."

Die PEN Afrikaans Vertaalfonds wil Afrikaanse skrywers help om ’n internasionale deurbraak te maak

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans

"’n Buitelandse uitgewer kan nadat daar ’n ooreenkoms met ’n Suid-Afrikaanse uitgewer bereik is, by die PEN Afrikaans Vertaalfonds aansoek doen om vertalingsbefondsing vir Afrikaanse werke in die volgende genres: romankuns, poësie, kortverhale, narratiewe niefiksie (biografieë, geskiedkundige en aktuele werke) of teksgebaseerde kinder- en jeugboeke."

Die openbare beskermer: een jaar later

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Nou, meer as verlede jaar hierdie tyd, balanseer die siel van ons reënboognasie op ’n mespunt. Die teenwigte, die beskermingsmeganismes om vergrype, korrupte praktyke en immorele leierskap teen te werk, word al vinniger weggekalf."

De Boerenopstand tegen Willem Adriaan van der Stel (1705–1707): De rol van “De Negen” Vrijboeren

Marius Van Nieuwkerk
NeerlandiNet

"De vrijboeren hebben geen enkele politieke macht, Kaapse VOC-dienaren bezetten de belangrijkste posten. Bovendien komen de vele landerijen en vee-posten van de Compagnie in handen van de grotere ambtenaren, zogenaamd door aankoop. Zij worden aldus geduchte concurrenten van de vrijboeren."

Wintermiddag met Eugène Marais

Jean Oosthuizen
Leefstyl

"Die legendariese digter, skrywer, wetenskaplike en morfinis Eugène N Marais se lewe en werk is op 18 Junie luisterryk in Pretoria gevier tydens die tweede Eugène Marais-gedenklesing wat by die Brooklynteater plaasgevind het."

Uitnodiging: Algemene simposium en bekroningsplegtigheid van die SA Akademie

LitNet
Akademies en skole

Die jaarlikse simposium van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vind vanjaar op Donderdag 28 en Vrydag 29 September 2017 plaas. Hier is nog inligting.

Uitnodiging: Fritz Ponelis-gedenklesing

LitNet
Akademies en skole

Die Universiteit Stellenbosch se Departement Afrikaans en Nederlands bied Donderdag 27 Julie ’n Fritz Ponelis-gedenklesing aan. Rufus Gouws is die spreker.

PEN Afrikaans Nuusbrief: Julie 2017

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans

Oor: die nuwe PEN Afrikaans Vertaalfonds; kommentaar op die kommerwekkende Wysigingswetsontwerp op Outeursreg; PEN Afrikaans se AJV op 16 September tydens die Tuin van Digters-fees op Wellington; resensiekursus in samewerking met Netwerk24 en NB-Uitgewers; wenners van die 2017 Media24 Boeke Literêre Pryse; sperdatums vir die Groot Afrikaanse Romanwedstryd en die Woordfees se Kortverhaalkompetisie; ’n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Junie; nuwe Afrikaanse boeke in Julie

LitNet Akademies

’n Oorsig van die problematiek rakende die modernisering van die SANW vir deelname aan multinasionale vredesteunoperasies in Afrika

Theo Neethling
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Uiteindelik is die vraag of die SANW beter befonds kan word om dit in ooreenstemming te bring met die blywende verwagting dat die SANW ’n rol in vredesteunoperasies in Afrika sal speel, asook om ’n sleutelrol in die verwagte Afrika-bystandsmag te vervul."

Die liturgie van die 1995-Wêreldrugbybeker-eindwedstryd: ’n ruimtelik-liturgiese refleksie deur die lens van ’n sosiale-kohesie-model

Daléne Flynn
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)

"Teologie wil gemeenskappe dien. As sport sosiale kohesie bevorder, kan die teologie nie sy oë daarvoor sluit nie."

Leefstyl

Video's: Reis en vleis – Gerrit Rautenbach gesels met Johan Bakkes

Liné Enslin
Reis

"Die eerste Reis en vleis-geleentheid het op 4 Julie by Twaalf in Stellenbosch plaasgevind. Gerrit Rautenbach het met Johan Bakkes gesels oor reis en skryf, en Riku Lätti het ook ’n paar van sy liedjies gesing."

Foto's: Innibos 2017

Louise Pieterse
Feeste

Die Innibos Kunstefees het vanjaar van 5 tot 8 Julie in Mbombela plaasgevind. Louise Pieterse het die feesatmosfeer in foto's vasgevang.

Africa Open presents: The Daniel-Ben Pienaar lectures

LitNet
Musiek

The Daniel-Ben Pienaar lectures will take place from 17 to 20 July 2017 at Gallery University of Stellenbosch (GUS).

Skryfwerk

Skryfkompetisie: 67 woorde vir Mandela-dag 2017

LitNet
Skryfkompetisies

In die lig van Mandela-dag op 18 Julie nooi LitNet jou om ’n kort-kortverhaal van 67 woorde te skryf. Hier is die kompetisie-inligting. Die sluitingsdatum is 31 Julie 2017.

Huid

Nanette van Rooyen
Poësie

" ... dat ’n boerbok se huid
gestroop van sy agterlyf tot by die nek
gebrei kan word tot teersag sakkies"

Bientang

Riana Scheepers
Poësie

"sy kruip al dieper in haar seegrot in
sy stook al hoër ’n bossievuur
sy hoor die branders dreun en druis"

Verraad en liefde

Malene Breytenbach
Fiksie

"Klein vuurtjies wat nie in die nag van ver gesien kan word nie, brand tussen huis- en kraalmure wat stukkend en swart gelaat is nadat die Britse troepe daar deurgetrek het, alle vee doodgemaak het en vroue en kinders na die konsentrasiekamp weggevoer het."

Inskrywingsvorm: Lenteskool en skryfkompetisie vir skrywers van romantiese fiksie

LitNet
Skryfsake en rubrieke

Die ATKV-Skryfskool van Noordwes-Universiteit, in samewerking met die liefdesverhaaluitgewer LAPA, bied van Donderdag 14 tot Saterdag 16 September 2017 ’n slypskool in die skryf van liefdesverhale aan. Hier is nog inligting.

Uit die argief

Veeltaligheid en die weg vorentoe

Christo van der Rheede

2011-08-31

"Ons as burgerlike samelewing kan nie onbetrokke staan en toekyk hoe die post-’94 nasiebouprojek en die droom van veeltaligheid vou nie. Betrokkenheid oor grense heen en konstruktiewe aktivisme is nou meer as ooit nodig ‒ ons ís dit immers verskuldig aan ons kinders en hul nageslagte."  

LitNet Akademies-onderhoud: Hennie van Coller in gesprek met Carla-Marié Spies oor vertaalteorie en die vertaling van Anne Frank se dagboek, Het Achterhuis

Hennie van Coller, Carla-Marié Spies
2011-05-17

"Die vertaalbenadering of -strategieë wat ’n vertaler volg, behoort bepaal te word deur verskeie faktore, byvoorbeeld die genre van die teks, die konteks waarbinne vertaal word, die funksie wat die doelteks moet vervul en die behoeftes van die doelteksleser."

Nuwe Stemme 4: Shané Kleyn gesels met Bibi Slippers

Shané Kleyn, Bibi Slippers
2009-09-29

"Ek dink my skryfstyl vloei direk uit my huidige swerwersleefstyl ... ’n vermenging van Engels en Afrikaans, bekende en vreemde elemente, rympies uit die oude doos en visioene uit die toekoms, ’n mash-up van natuur en tegnologie."

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2017 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved