|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 654
22/06/2017
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Jou onvertelde stories |
Die derde spoel
Etienne is 22 en studeer filmkuns in Londen nadat hy uit Suid- Afrika gevlug het om diensplig te vermy. Dit is 1986, die tyd van Thatcher, optogte teen apartheid, en Vigs, maar ook van eksperimentele kuns, postpunk en die Royal Vauxhall Tavern. Etienne raak verlief op ’n Duitse kunstenaar in hierdie skadustad waar mense in bouvallige kunstenaarskommunes woon.
Skrywer: SJ Naudé
Uitgewer: Umuzi
Prys: R250 |
 |
|
 |
Afrikaanse mense se links en regs
Hans Pienaar
Seminare en essays
"As daar ’n Afrikaanse self is, is dit ’n gesplete self, want hoewel rasseverhoudinge onder wit en bruin Afrikaanspraters verreweg die mins gespanne is en die Afrikaanse taalgroep eintlik die verste gevorder het met integrasie, is daar nog diep klowe en ongelykhede tussen Afrikaanspraters en leef hulle nog grootliks net so apart as altyd."
|
 |
Van rolkonflik tot regverdigheid in die gesin
Amanda Gouws
Seminare en essays
"Rolkonflik is vanuit ’n feministiese vertrekpunt ’n uitgediende konsep omdat dit inkoop in die idee dat daar spesifieke rolle vir mans en vroue is en dat dit basies die binêre (twee-polige) verhouding tussen manlik en vroulik versterk, eerder as bevraagteken."
|
 |
Die WAT dokumenteer Afrikaans in sy wydste omvang
Menán van Heerden, Gerda Odendaal
Onderhoude
"Oor die jare het die Buro van die WAT ook besondere moeite gedoen om soveel as moontlik voorbeelde van streektaal vir sy databasis te versamel ten einde ’n omvattender en meer verteenwoordigende dekking daaraan in die WAT te kan gee. Daar is onder andere kontak gemaak met verskillende gemeenskappe ten einde streektaal op te teken, en sedert die 1990’s word daar ook toenemend op die versameling van gesproke materiaal gefokus."
|
 |
Tyd vir ’n openlike gesprek oor vreemdheid en die ander
Bernard Lategan
Seminare en essays
"Sy opmerking bring egter ook ’n ander belangrike punt na vore wat in al hierdie gesprekke ’n rol speel, naamlik die onmoontlikheid om ten volle van die subjektiwiteit van al ons waarnemings en uitsprake te ontsnap." Bernard Lategan reageer op Johan Lemmer se kommentaar op sy LitNet Akademies-artikel.
|
 |
Onvertelde stories: Noord-Kaapse mondelinge-oorlewering-projek
Menán van Heerden, Isabeau Botha, Janine Brown
Onderhoude
"Die opteken van mondelinge oorlewering speel ’n belangrike rol in die bewaring van ’n taal en sy geskiedenis, veral om voorheen onvertelde en ongedokumenteerde geskiedenisse in te sluit." Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in die Paarl het van 8 tot 11 Mei 2017 die Noord-Kaap besoek om inwoners se stories op te teken.
|
 |
Politieke aspoestertjies
Jason Lloyd
Rubrieke
"Die politiek is uiters deurmekaar en vloeibaar, omdat politieke aspoestertjies soos Jacob Zuma, Mmusi Maimane en Helen Zille onder toenemende politieke beleg verkeer."
|
 |
Waterskaarste: Dibi Breytenbach se wenke
Dibi Breytenbach, Naomi Meyer
Onderhoude
"Wat in ons dorp opvallend was, was hoe vinnig die mense dissipline aangeleer het ten opsigte van waterverbruik toe die water heeltemal klaar geraak het. Ons het werklik nie ’n keuse gehad nie. Dis iets wat ons eintlik lankal moes geleer het, ter wille van oorlewing."
|
 |
’n Kortetjie (met erkenning) aan PG du Plessis
Leana Lategan
In memoriam
"Van sy pa het PG die heel eerste roeringe van die denker, of eensame intellektueel, ervaar. Met hóm kon hy praat oor sy 'binnetwyfels', oor denkers en skrywers soos Milton, Keats, Shelley, Tennyson en Dickens."
|
 |
Herinneringe aan doktor PG
Temple Hauptfleisch
In memoriam
"En so begin vir my ’n genotvolle en langtermyn mentorsverhouding met een van die interessantste mense wat ek nog ooit mee te doen gehad het – ’n verhouding wat my lewe indringend sou verander en help rigting gee oor al die jare."
|
 |
Gespierde Afrikaans
LitNet
Akademies en skole
Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid? LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. Kyk na ons lesers se voorstelle.
|
 |
Titus Matiyane, kartograaf en transnasionale flâneur
Elfriede Dreyer
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
"Die brute direktheid en eerlikheid wat meestal met buitestanderkuns gepaard gaan, soos in die geval van Matiyane, maak dit ook besonder geskik vir ’n ondersoek na onbelemmerde, outentieke stemme in ’n dekoloniale ondersoek na Afrikaïese moderniteit."
|
 |
Uys Krige (1910–1987)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
“Daar is niks in die hemel of op die aarde of onder die see wat nie in Afrikaans uitgedruk kan word nie. Dit is op die veld gebore en is so eie aan ons land as die lang geel gras eie aan die grootste deel van Suid-Afrika.” Lees oor Uys Krige se lewe en werk.
|
 |
Word ’n boekfluisteraar
Izak de Vries
ATKV-Portaal
"My terugvoering aan die skool was dat ek besef het dat al die bibliotekarisse wat as sprekers opgetree het, die woorde 'veilige hawe' gebruik het!"
|
 |
Programma: Week van de Afrikaanse roman 2017
Ingrid Glorie
NeerlandiNet
"Van vrijdag 29 september t/m zondag 8 oktober 2017 wordt in Nederland en Vlaanderen de derde Week van de Afrikaanse roman gehouden, een leesbevorderingscampagne die brede aandacht wil vragen voor Afrikaanstalige literatuur in Nederlandse vertaling."
|
 |
Tora
Jaco Fouché
Fiksie
"Tora is tier en tier is moed, vertel my man my. Ek skenk nie aandag nie. Ons is in Tokio. Dis al maande."
|
 |
Beurtkrag
Martie Muller
Poësie
"Wanneer jou lig te helder raak
moet ek myne dowwer maak"
|
 |
Suddenly the storm: ’n teaterresensie
Danie Botha
Teater
"Sterk is die opbou. Dan, wanneer Dwayne sy weergawe van die verlede gee, toe hy nog ’n polisieman was, en Namhla hare oor ballingskap en haar familie, begin een van die sterkste en mees emosioneel gelaaide onthullings en ontknopings in ons toneelkuns."
|
 |
Pos beskikbaar: Kommunikasiebeampte
LitNet
Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal
"Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) nooi hiermee geskikte kandidate uit om aansoek te doen om die pos as kommunikasiebeampte. Aanstellingsdatum: 3 Julie 2017."
|
|