Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 660

3/08/2017

E-posadres:

Krities Afrikaans

LitNet: Op pad

Pasverskyn

Slot van die dag: Gedagtes

Slot van die dag: Gedagtes is die skrywer se mymeringe oor ouderdom en die einde van die lewe, saam met verspreide herinnerings van ’n algemene aard, om ’n ryk geskakeerde beeld te verskaf van ’n skrywerslewe van byna tagtig jaar. Die reeks outobiografiese boeke wat met ’n Duitser aan die Kaap, Merksteen en Die laaste Afrikaanse boek begin het, word hiermee afgesluit.

Skrywer: Karel Schoeman
Uitgewer:
Protea
ISBN: 9781485307976
Prys: R250

Boeke en skrywers

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Op pad deur Dana Snyman

LitNet
Du Toitskloof Wyne | LitNet Eerste Slukkie

LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Op pad deur Dana Snyman, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.

Die derde spoel deur SJ Naudé: ’n resensie

Helize van Vuuren
Resensies

"Selde is ek so beetgepak deur ’n Afrikaanse roman, so gefassineer en beïndruk, so besig gehou, selfs na ’n tweede lees. Met SJ Naudé se Die derde spoel is daar ’n formidabele nuwe stem in Afrikaans stewig gevestig."

Boekresensie: Hierdie huis deur Kleinboer

Koos Kombuis
Resensies

"Hierdie boek is, in kort, ’n woordskildery van die nuwe Suid-Afrika soos dit vandag daar uitsien. Dit is ’n spieëlbeeld van ons as samelewing. Dit gee ons ’n prentjie waarin ons die tye waarin ons leef, kan herken. En dis allermins ’n mooi prentjie."

Kunstenaar van die lem: Etienne van Heerden se Die wêreld van Charlie Oeng

Marietjie Lambrechts
Boeke en skrywers

"Al die versigtig gekose woorde, frases en sinne pas in mekaar soos in ’n legkaart wat onvoltooid sou wees as daar maar net een stukkie ontbreek, miskien onbenullig op sigself, maar onlosmaaklik deel van ’n groter, voltooide geheel."

A History of the Iziko South African National Gallery – Reflections on Art and National Identity deur Anna Tietze: resensie

Melvyn Minnaar
Resensies

"Anna Tietze se A History of the Iziko South African National Gallery is ’n belangrike publikasie as die eerste deeglike boekstawing van een van die land se vernaamste kulturele instansies."

Nuwe AWS gee Afrikaans woema: ’n lesersindruk

Louise Viljoen
Boeke en skrywers

"Afrikaans is mooi en val lekker op die tong. Praat dit. Skryf dit."

Pad na Eensaamheid deur Kas van den Bergh: ’n boekbespreking

Louise Viljoen
Resensies

"Pad na Eensaamheid het wel in 1964 vir die eerste keer verskyn, maar die universele temas daarin vervat sal ook deur die hedendaagse leser van waarde gevind word."

Keur 2 deur Christine le Roux: ’n resensie

Barbara Potgieter
Resensies

"Die lesers van liefdesverhale wat hierdie stories langs die pad misgeloop het, sal dit geniet – miskien hulle dogters en kleindogters ook."

Afrikaans, Afrika en Japan: Afrikaans-Japannese woordeboek

Ernst Kotzé, Menán van Heerden
Onderhoude

"Die publikasie daarvan is glad nie kommersieel van aard nie, maar in die eerste plek akademies, omdat ’n vertalende woordeboek waarskynlik een van die beste maniere is om die woordeskat, uitspraak en kulturele agtergrond van tale met mekaar te vergelyk."

Die wêreld van Charlie Oeng by die BoekeJol in Pretoria

LitNet
Boeke en skrywers

Etienne Bloemhof gesels met Etienne van Heerden oor sy nuwe roman, Die wêreld van Charlie Oeng. Donderdag 17 Augustus, 10:00, Atterbury-teater, Pretoria.

Delilah now trending by Pamela Power: book launch

LitNet
Books and writers

You are invited to the launch of Delilah now trending on 19 August in Stellenbosch. Author Pamela Power will be in conversation with Karin Brynard.

Die derde spoel deur SJ Naudé: bekendstelling in Stellenbosch

LitNet
Boeke en skrywers

Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Die derde spoel op 26 Augustus in Stellenbosch. Die skrywer, SJ Naudé, sal met Ingrid Winterbach in gesprek wees.

Bekendstelling in Stellenbosch: Die wêreld van Charlie Oeng

LitNet
Boeke en skrywers

Louise Viljoen gesels met Etienne van Heerden oor sy nuwe roman, Die wêreld van Charlie Oeng. Saterdag 5 Augustus, 11:00, Protea Boekwinkel, Stellenbosch.

Menings

Vier en beloon ons middelmatigheid ten koste van vooruitgang?

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Ons is ’n land met talentvolle, belowende jongmense. Hulle wil leer. Hulle wil vorentoe gaan. Dit het tyd geword dat politici padgee uit opvoeding, en opvoeders toelaat om op te voed."

Wat beteken inklusiwiteit?

Mercy Kannemeyer
Menings

"Die ATKV se aankondiging het my laat wonder wat inklusiwiteit regtig beteken ..."

Hennie Serfontein (1933–2017): Afrikaner buite die laer

Anne-Marie Mischke
In memoriam

"Maar Hennie [Serfontein] kan in vrede rus: hy het enduit geleef en gewerk soos sy gewete aan hom voorgeskryf het."

Afknouery en bullebakkery teenoor onderwysers

Nehemiah Phooko, Helen Meyer, Estelle Kruger
Onderhoude

"Slagoffers is bang om te praat, omdat dit aanleiding kan gee tot meer teistering. Hulle verduur dus die situasie met die hoop dat dit sal oorwaai en omdat dit hul bron van inkomste is wat hul nie kan verloor nie, en dit verklaar ook die geweldige trauma en spanning wat hul ervaar."

Video: Fritz Ponelis-gedenklesing

Liné Enslin
Akademies en skole

Die Universiteit Stellenbosch se Departement Afrikaans en Nederlands het op 27 Julie hul tweejaarlikse Fritz Ponelis-gedenklesing aangebied. Die lesing, getitel 'Veelsydigheid en vernuwing in die werk van Fritz Ponelis', is vanjaar deur Rufus Gouws gelewer. Hier is ’n video-opname van die lesing.

Uitnodiging: Bestekopname – digitisering van Afrikaanse publikasies

LitNet
Menings

Daar is verskeie nasionale en internasionale instansies wat tans – om verskeie redes – Afrikaanse materiaal digitiseer. Alle instansies wat gemoeid is met of belang het by die digitisering van Afrikaanse bronne word na ’n gespreksgeleentheid op 16 en 17 Augustus in Pretoria genooi.

Persvrystelling: Taaldag 2017

LitNet
Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal

Die Afrikaanse Taalraad en Afrikaanse Taalmonument bespreek ’n aantal interessante vrae oor Afrikaans se herkoms en vestiging as volwaardige taal tydens die Taaldagvieringe op 26 Augustus 2017. Die sprekers is Christo van Rensburg, Anzil Kulsen, Imam Hashim Salie en Charlyn Dyers.

Die mens agter die boek

Crito
Blogs

"[Koos Kombuis se] kritiese gedagtegang verlei hom na die lewe van die skrywer self. Toegegee, Kleinboer se drie romans is outobiografies en daarom is daar ’n mate van regverdiging vir dié benadering. Wat hy oor die roman se konstruksie en komponente sê, is besonder interessant om te weet."

LitNet Akademies

’n Heideggeriaanse benadering van landskap as woon in Breyten Breytenbach se Nege landskappe van ons tye bemaak aan ’n beminde (1993)

Alwyn Roux, Hein Viljoen
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"In hierdie artikel word geïllustreer op watter wyse landskap die domein van menslike en niemenslike agente word. Daar is dan ook gewys op verskillende aspekte van landskap in kontras met die taakskap, met die implikasie dat landskap nie net gesien word as ’n toneel in die verte nie, maar veel eerder as ’n wêreld wat bewoon word."

Taalbewussyn as komponent van geletterdheidsvaardigheid: ’n ondersoek na narratiefvaardigheidontwikkeling by graad 3-leerders

Irene Brand, Christine Anthonissen
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"Kuns is ’n medium wat baie beskrywende taalgebruik ontlok, wat nuttig is in die ontwikkeling van narratiewe. Kuns kan dus benut word om mondelinge storievertelvermoëns te ontwikkel en vas te lê om sodoende ook taalbewussyn te bevorder."

Leefstyl

Dunkirk: ’n filmbespreking

Emile Coetzee
Film

"’n Ervare en diepsinnige regisseur met ’n ingeligte draaiboekskrywer is dus nodig om die gravitas van hierdie suksesvolle ontruiming en die impak wat dit in die Britse publiek se psige gelaat het, tot vervulling op die silwerskerm te bring."

The Artscape Women's Humanity Arts Festival: an interview

Nancy Richards, Naomi Meyer
Opinion

The Artscape Women’s Humanity Arts Festival is an annual event, now in its 11th year. Woman Zone is an organisation that has its home and Woman’s Library at Artscape. The festival takes place from the 2nd to the 12th of August 2017.

Persvrystelling: Vlooi en die byekoningin by die Kunstekaap

LitNet
Teater

Vlooi is in Augustus en September vir die 17de jaar weer op die planke. Daar is beperkte sitplekke beskikbaar – skole en die publiek sal moet spring.

Skryfwerk

67 woorde vir Mandela-dag 2017: inskrywings 2

LitNet
Skryfkompetisies

LitNet het lesers gevra om in die lig van Mandela-dag ’n kort-kortverhaal van 67 woorde te skryf. Hier is van die laaste inskrywings.

67 woorde vir Mandela-dag 2017: inskrywings 1

Skole

Graad 11-wiskundevraestel: vraestel 2

Jeanne-Mari du Plessis
Notas, toetse en vraestelle

Hier is ’n gratis wiskundevraestel en memorandum vir graad 11-leerders.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2017 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved