Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 637

23/02/2017

Krities Afrikaans

LitNet: Jou video

Pasverskyn

Die Banting-sakgids

Danksy lesers se versoeke vir méér basiese resepte en ’n maklik hanteerbare formaat, is die gewilde en omvattende Die Banting-oplossing  nou beskikbaar in ’n grootte wat elke sak sal pas. Hierdie gebruikersvriendelike boekie bevat al die wenke en raad wat jy nodig het om jou Banting-leefstyl suksesvol te implementeer en om daarmee vol te hou.

Skrywers: Tim Noakes, Bernadine Douglas en Bridgette Allan
Uitgewer: Penguin Random House
Prys: R140

Menings

Video en onderhoud: "Die ander kant" van die US-taaldebat

Mercy Kannemeyer, Naomi Bruwer
Universiteitseminaar | University Seminar

"Ek voel wel dat daar onderskeid getref moet word tussen wanneer mense veg teen Afrikaans die taal en Afrikaans die kultuur en geskiedenis wat onderdrukkend is, want die geveg teen Afrikaans lyk vir my baie keer na ’n geveg teen die gesig van Afrikaans, wat hoofsaaklik wit is as gevolg van apartheid. Dit word nie altyd duidelik wat ’n groot rol bruin en swart mense binne Afrikaans gespeel het en nog steeds speel nie."

Kan Afrikaans floreer as hy sy status as universiteitstaal verloor?

Jean Oosthuizen
Universiteitseminaar | University Seminar

"Wit en bruin van regoor die hele politieke spektrum het saamgestem Afrikaans is nog springlewendig, maar kan nie ten volle floreer as dit by die hekke van die akademie gestuit word nie."

Breyten Breytenbach en Andries Bezuidenhout aan die woord: “Taal is ons gedeelde verantwoordelikheid”

Willem de Vries
Menings

Breyten Breytenbach: "Diversiteit is ’n voorreg. Daar gaan altyd verskille wees wat verrykend is. Dis ’n tekstuur van belewenis. Dis werklik waaroor bewussyn gaan."

Mense oor grense in die Afrikaanse kultuur: musikante in die Afrikaanse filmbedryf

Burgert A Senekal
Menings

"Verskillende komponente van die Afrikaanse kultuurbedryf is dig verweef, met rolspelers wat gereeld ’n bydrae tot byvoorbeeld die musiek en die film of die literatuur en film lewer."

Oor Mathews Phosa se Damaskus-oomblik

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Mathews Phosa, en ander senior lede binne die ANC, begin besef dat hulle veel meer te verloor het as Zuma se korttermynguns. Hulle kan beheer oor die land verloor. Dan is die morele rugmurg wat hulle nou skielik ontdek het, te verstane. Dit gaan nie om die burgers nie. Dit gaan nie eers regtig om die ANC en hulle ryke tradisie nie. Dis ’n politiese spel om selfbehoud."

Afrikaans, die taal van vele kulture

Izak de Vries
ATKV-Portaal

"Die idee vir die werkswinkel was om insig te kry in die rol van die Khoi op Afrikaans, te kyk na Bo-Kaapafrikaans, die invloed van die slawe, Moslems, ander Afrikaners op Afrikaans, en iets te hoor oor Oranjerivierafrikaans."

Raadvra: plantekundestudies

Leon Senekal
SêNet-briewe

"My seun wil in ’n rigting in die plantkunde studeer ..."

Skole

LOK-simposium 2017

LitNet
SA Skoleseminaar | Schools Seminar

Die LOK-simposium (LOK: Letterkunde-ondersteuningskomitee) het op 17 en 18 Februarie 2017 in Stellenbosch plaasgevind. Hier is inhoud rondom die geleentheid.

LOK-simposium 2017: HemelBesem (video)

Izak de Vries
SA Skoleseminaar | Schools Seminar

HemelBesem was die hoofspreker by die LOK-simposium se verjaarsdagviering. Hier is sy toespraak, wat Izak de Vries verfilm het.

Byskoling vir 650 Afrikaansonderwysers by US tydens die 20ste simposium van die Letterkunde-ondersteuningskomitee (LOK)

Andries Visagie
SA Skoleseminaar | Schools Seminar

Die LOK het tot stand gekom toe die behoefte geïdentifiseer is om leerkragte jaarliks te help voorberei vir die voorgeskrewe tekste wat hulle op skool moet onderrig. Andries Visagie lewer verslag oor die pasafgelope 20ste LOK-simposium.

Poësietoets 2015: Graad 12 Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Dewald Koen
Notas, toetse en vraestelle

Hier is ’n gratis poësietoets en memorandum, opgestel deur Dewald Koen, om graad 12-leerders se insig in een ongesiene gedig en twee gesiene gedigte te toets.

Oorsigtelike bespreking van Chokers en survivors deur Nathan Trantraal

Dewald Koen
Notas, toetse en vraestelle

Hier is gratis omvattende notas oor Chokers en survivors deur Nathan Trantraal.

Boeke en skrywers

HemelBesem: “Ek glo dat die taal steeds besig is om te groei”

HemelBesem, Menán van Heerden
Skrywersonderhoude

"Ek deel stories uit my lewe en waarnemings, in die taal waarin ek grootgeraak het en steeds mee omsingel is, met die hoop dat mense voort sal gaan om dit in hulle alledaagse lewe te gebruik en om sodoende seker te maak dat Afrikaans so organies groei."

LitNet Eerste slukkie: God praat Afrikaans deur HemelBesem

LitNet
Boeke en skrywers

LitNet publiseer voortaan uittreksels uit pasverskene boeke. Dié lusmakers verskyn op LitNet as eerste slukkies. Proe nou aan HemelBesem se God praat Afrikaans.

Indeks deur Joan Hambidge, ’n resensie

Helize van Vuuren
Resensies

"Joan Hambidge se Indeks is ’n veelfasettige en waardige toevoeging tot haar oeuvre, én tot die groeiende aantal laatwerkbundels in Afrikaans."

Arsenaal van klank deur Anna Enquist, vertaal deur Zandra Bezuidenhout

Alfred Schaffer
Resensies

"Arsenaal van klank is ’n boeiende en belangrike kennismaking met een van die bekendste Nederlandse digterstemme van die afgelope 30 jaar, uitstekend deur Zandra Bezuidenhout vertaal."

Hermann Giliomee – ’n onderhoud oor sy outobiografie

Hermann Giliomee
Skrywersonderhoude

"Giliomee vertel hoe hy as Afrikaner so half aan die rand van die volk beland het, waar die oorsprong van apartheid lê en die NG Kerk se rol daarin, hoe dit gebeur het dat mede-Afrikaanse bruin mense so verontreg is en waarom hy teleurgesteld is in die finale produk van die onderhandelingsproses wat tot ’n nuwe Suid-Afrika gelei het."

Lugkasteel deur Annelie Botes, ’n resensie

Maryke Roberts
Resensies

"Haar skryfstyl het ’n eerlikheid wat jou by tye laat wonder of sy besef daar is mense daar buite wat haar woorde lees, wat haar as’t ware beter leer ken deur haar boeke, al sal sy hulle nooit ontmoet nie."

Vakansiehuis met swembad deur Herman Koch, vertaal deur Daniel Hugo

Etienne Britz
Resensies

"Daniel Hugo se vertalings van Nederlandse poësie en verhale maak dit vir ons moontlik om interessante variasies van ook hierdie soort skryfkuns te geniet. Vakansiehuis met swembad is één so ’n 'mooi lelike boek'."

Book launch invitation: Tribing and Untribing the Archive

LitNet
Books and writers

The launch of Tribing and Untribing the Archive, edited by Carolyn Hamilton and Nessa Leibhammer, takes place on 2 March 2017 at the University of the Witwatersrand.

Boekbekendstelling: Alles het niet kom wôd deur Nathan Trantraal

LitNet
Boeke en skrywers

Kwela en The Book Lounge nooi jou na die bekendstelling van Alles het niet kom wôd, waar Roché Kester met Nathan Trantraal in gesprek sal wees.

20th Time of the Writer Festival line-up

LitNet
Books and writers

A feast of literary offerings from Africa and the world will be showcased at this year’s 20th Time of the Writer International Festival. The Festival, set to take place from 13 to 18 March 2017, will feature some of the country’s most prolific writers.

LitNet Eerste slukkie: Sink deur Brett Michael Innes

LitNet
Boeke en skrywers
LitNet publiseer voortaan uittreksels uit pasverskene boeke. Dié lusmakers verskyn op LitNet as eerste slukkies. Proe nou aan Brett Michael Innes se Sink.

Leefstyl

Bacchus in Hillbrow by US Woordfees 2017

François Maree, Naomi Meyer
US Woordfees

“Die stuk is ’n uitbeelding van die mensdom as ’n narrespel van die absurde.”

Potblou / Blou Pot at the US Woordfees 2017

Steyn du Toit
Lifestyle and entertainment

"With the pairing up of each visual artist with a blue pot made by one of the ceramicists, the challenge is to explore the object through each artist’s respective medium."

LAPA by die US Woordfees 2017

LAPA Uitgewers
US Woordfees

LAPA is trots om deel te wees van die US Woordfees 2017. Ons sal jou wys wat in ons skrywers steek.

Radiodrama-kompetisie vier sy mondigwording met meer prysgeld

LitNet
Leefstyl

Die RSG en Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie vier sy mondigwording met prysgeld ter waarde van R90 000. Hier is nog inligting.

Jaco Bouwer directs a stellar and dynamic cast in the contemporary theatre classic Marat/Sade

LitNet
Lifestyle and entertainment

"It is a bloody and unrelenting depiction of class struggle and human suffering that interrogates whether true revolution comes from changing society or changing oneself."

STIL to shock audiences at the State Theatre

LitNet
Teater

Jannes Erasmus’s new play, STIL, which opened at the South African State Theatre on 22 February 2017, promises an evening of mystery, intrigue, guns and blood.

LitNet Akademies

Herstellende geregtigheid in gevalle van seksuele oortredings en die uitsprake van die hoogste hof van appèl in DPP v Thabethe en Seedat v S

Danie Kloppers, Henk Kloppers
LitNet Akademies (Regte)

"Ons sien in afwagting uit na die eerste geleentheid waar die hoogste hof van appèl wegbeweeg van sy straf- en gemeenskapsbenadering na ’n ware slagofferbemagtiging en na heling."

Skryfwerk

Gedigkompetisie: huis, woning, tuiste

LitNet
Skryfkompetisies
Bykans 300 inskrywings is reeds ontvang. Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 28 Februarie. Hier is die volledige kompetisie-inligting en ’n skakel na al die inskrywings wat sover ontvang is.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2017 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved