|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 621
13/10/2016
|
Krities Afrikaans
|
Liewe Heksie se groot omnibus
Hierdie reuse-omnibus bevat al 41 van Verna Vels se oorspronklike Liewe Heksie-stories waarin die bekoorlike klein karaktertjie en haar maats, Blommie Kabouter, Karel Kat, Kwaaitjie Kabouter, Koning Rosekrans en vele meer weer oud en jonk laat skaterlag met hulle manewales.
Skrywer: Verna Vels
Genre: Kinderfiksie
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R280 |
 |
|
 |
#feescanfall – from a technology entrepreneur’s view
Eugene Beetge
University Seminar
"I believe it’s time ... to say #feescanfall by shifting the focus from traditional brick-and-mortar institutions to virtual classrooms, libraries and student-lecturer interactions."
|
 |
2016: die krisisjaar van Afrikaans
Hermann Giliomee
Universiteitseminaar
"Dit is nie vergesog om te sê dat indien ons nie vir Afrikaans ’n vaste, volhoubare en volwaardige plek op hoërskole en op twee of drie universiteite kan verseker nie, Afrikaans geen langertermyn-toekoms as literêre, wetenskaps- en professionele taal het nie."
|
 |
Van taal en kommunikasie
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Taal kan asemrowend mooi gebesig word, of op die afgryslikste manier verwring word. Taal kan sing, of dit kan soos vingernaels oor ’n swartbord krap. Dit kan saamvoeg of dit kan uitmekaar skeur."
|
 |
Die ANC benodig weer ’n Morogoro-oomblik
Jason Lloyd
Rubrieke
"Dit moet ʼn oomblik van selfondersoek wees. ʼn Oomblik waar die ANC sy morele en intellektuele kompas gaan herinstel om van koers te verander. ʼn Koers wég van sy huidige dwaling in die woestyn van katastrofe."
|
 |
Regsalmanak: Skuldlose aanspreeklikheid van ’n werkgewer
Gustaf Pienaar
Rubrieke
"... en toe hy laatmiddag terugry om die voertuig in die garage te gaan berg, was hy in ’n botsing betrokke waarin die vader van twee jong kinders gedood is. Die botsing is deur mnr Baloyi se nalatigheid – en wat hy te drinke gehad het – veroorsaak."
|
 |
Dit reën in Kraków
Karien Brits
Blogs
"Want in Kraków in Bracka val die reën
As die raaisel van bestaan my dwing om te dink ..."
|
 |
F.V. Engelenburg tydens die Anglo-Boereoorlog: ’n oorsig
Linda Brink
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
"Hoewel hy nie gedurende die oorlog prominent op die voorgrond was nie, het hy, eie aan sy teruggetrokke geaardheid, die Boere en die Republiek se saak op ’n besondere wyse bevorder."
|
 |
Week van de Afrikaanse Roman 2016: 7 dae in Amsterdam
Marike van der Watt
NeerlandiNet
"Die tweede Week van de Afrikaanse roman het vanjaar van 16 tot 24 September plaasgevind, waarvan die meeste geleenthede in Amsterdam was, maar ook Vlaandere (Gent, Brussel en Leuven) en elders in Nederland, met Barneveld, Rotterdam, Diemen, Nijmegen, Utrecht, Soest en Den Haag wat besoek ontvang het van ʼn vrag Afrikaanse skrywers en kie."
|
 |
PEN Afrikaans Nuusbrief: Oktober 2016
Danie Marais
PEN Afrikaans
Oor: PEN Afrikaans se aanlyn New Voices-slypskool vir belowende jong skrywers; die Universal Periodic Review 2016 vir die Menseregte Raad in Genève oor die stand van menseregte en uitdrukkingsvryheid in Suid-Afrika; Internasionale Vertaaldag 2016 – Afrikaanse vertaling van ’n gedig deur die Palestynse digter Dareen Tatour; die 82ste PEN International-kongres in Ourense, Spanje – ’n reaksie in versvorm; nuwe Afrikaanse boeke in Oktober
|
 |
Ligweg
Crito
Blogs
"’n Bietjie humor, baie erns, skerp analise, ’n debatteerbare siening van die omslag-illustrasie."
|
 |
Kunstekaap-resensie: New Voices 2016
Helené Prinsloo
Teater
"Ja, dis moeilik om hier in ons land te mens. Een van die ... goed wat dit egter die moeite werd en selfs soms draaglik maak is teaterkuns soos dit in die Kunstekaap se New Voices-projek gestalte vind."
|
 |
Teaterresensie: A steady rain
Emma Kotze
Teater
"Dis ’n sterk stuk wat staatmaak op uitnemende spel, ’n boeiende verhaal, en een wat vir genoegsame nabetragting sorg."
|
 |
ATKV-Tienertoneel 2016: Die uitslae
ATKV
ATKV-Portaal
Hoërskool Durbanville is die nasionale wenner van die 52ste ATKV-Tienertoneelkompetisie met Fragment. Hulle wenpersentasie was 94,48%. Dié toneelgroep ontvang R30 000 en die ATKV-Tienertoneelwisseltrofee.
|
 |
1925band: "Musiek vertel altyd ’n storie"
Henry Cloete
Musiek
"Musiek gaan dieper as net luister en dans. Dit vat aan ’n mens se hart. Dit verander lewens, bring mense bymekaar en speel op ’n mens se emosies."
|
 |
Taalerfenissimposium op Clanwilliam
ATKV
ATKV-Portaal
Die ATKV se taalafdeling bied op 21 Oktober 2016 ’n Taalerfenissimposium met die tema “Dit kom van ver ...” op Clanwilliam aan.
|
 |
Nog ’n donnerse gedig
Tinus Horn
Poësie
"Want is dit wragtig nodig
Om so, in die donker,
te krap waar dit klaar bloei?"
|
 |
Afrikaans leef voort
Jané de Wet
Kuberklas Kreatief
"Afrikaans my taal, my vriend,
laat die taal se wil geskied."
|
 |
Selfmoord
Annerie Troskie
Kuberklas Kreatief
"Wie is dit? Ken ek haar?"
|
 |
Ons
Andries Meyer
Kuberklas Kreatief
"ek en die ander wat blind was
om ’n nuwe son ..."
|
 |
jong latte op die strand
Willem Boshoff
Poësie
"... julle jong latte,
die see
sal julle tog almal nog onherroeplik,
verrinneweer."
|
 |
Outobiografie
Tinus Horn
Poësie
"maar met my broer sal ek daaroor praat
mits hy maak of hy na my grammofoonplaat oor verlore liefdes luister ..."
|
 |
PEN Afrikaans se aanlyn New Voices-slypskool: Die vlieg en die waiter
Elisha Zeeman
PEN Afrikaans
Aangesien PEN Afrikaans graag ontluikende stemme wil ondersteun, is besluit om ’n aanlyn slypskool in samewerking met LitNet op ons webportaal aan te bied vir verdienstelike inskrywings van ons New Voices-kompetisie. Lees Elisha Zeeman se inskrywing, "Die vlieg en die waiter".
|
|