|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 644
13/04/2017
|
Krities Afrikaans
|
Koning Eenoog: Die lewe en werk van Henk van Woerden
In 1957 emigreer die negejarige Henk van Woerden vanaf Nederland met sy gesin na Kaapstad – leertas in die hand, mussie oor die ore, serp om die nek, glasoog in die oogkas. Eers veertig jaar later ontdek hy wat die rede was vir hierdie vertrek na Suid-Afrika: Sy pa was ’n kollaborateur in die Tweede Wêreldoorlog. Die emigrasie is die begin van ’n lewe as buitestander en vorm later die goue draad in sy skilderye en literêre werk.
Skrywer: Toef Jaeger
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R275 |
 |
|
 |
Waarom ek nie vandag gaan betoog nie
Riana Coetsee
Menings
"Hoe graag ek ook al ’n meer bekwame en minder korrupte president aan die stuur van sake in Suid-Afrika sal wil hê, en veiliger wil voel in my eie land, kan ek nie sien hoe die verwydering en vervanging van huidige politieke leiers ons land ten beste sal verander tensy die harte, gedagtes en ingesteldheid van die meerderheid wit Suid-Afrikaners, wat so gretig is om vandag te gaan betoog, onherroeplik verander word nie."
|
 |
Daai een dag in April
Nadine Petrick
Seminare en essays
"Dit dreun deur die strate. Zuma must fall, Zuma must fall, Zuma must fall. Later klink die refrein so gemaklik in jou eie ore dat jy amper begin glo dat dit kan gebeur."
|
 |
Suid-Afrika sê dankie, Msholozi
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Meer as een kommentator het Zuma se bewind vergelyk met ’n huwelik waar geweld en misbruik aan die orde van die dag is. Op 7 April het gewone Suid-Afrikaners hul voorneme om ’n egskeidingsbevel te verkry, aangekondig."
|
 |
Is Suid-Afrika faktap?
Christiaan J de Swardt
Menings
"Sielkundiges, sosioloë en kriminoloë is dit almal eens: samelewingsdruk maak mense emosioneel afgestomp, egosentries, arrogant en hardvogtig. In dié kultuur van minagting heers ’n gebrek aan dissipline en, veral, wedersydse respek."
|
 |
Enkele woorde oor Henning Snyman
Ernst Kotzé
In memoriam
"’n Opvallende kenmerk was dat hy sy uitstaande intellek met sy geloof kon integreer, en die insigte van die wetenskap as deel van die goddelike openbaring geïnterpreteer het."
|
 |
Poetry slam as therapy sessions
Karin Schimke
Opinion
"Poetry slam sessions, says d’Abdon, are places where young people can 'voice their dissatisfaction, channel their anger and heal'."
|
 |
’n Verkenning van taalvariasie in die Afrikaanse poniekoerante Son en Sondag
Elvis Saal
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
"Die vernakulêre style soos uitgebeeld in die twee Afrikaanse poniekoerante is nie – soos daar baie keer aangevoer word – slegs ’n verlengstuk van Engels nie, maar het nog die vermoë om met oorspronklike Afrikaanse skeppings vorendag te kom en Afrikaans op dié wyse te voed en te laat groei."
|
 |
NP Van Wyk Louw (1906–1970)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Alleen dit: die kind swyg miskien, die skrywer kan nie swyg nie, juis omdat hy skrywer is. Hy kan saam lag, saam huil, hy kan kritiseer, selfs striem; saam juig en saam treur." Lees meer oor NP Van Wyk Louw se lewe en werk.
|
 |
Te veel sorge deur Hans Pienaar: ’n resensie
Louise Viljoen
Resensies
"Die idee is dus dat elkeen van die verhale wat in hierdie bundel of roman-in-stukke opgeneem is, iemand se 'sorge' verteenwoordig. Die verhale word dus saamgebind deur die feit dat dit gaan oor ’n wye spektrum van mense se sorglike lewenservarings, hulle sondes, skuldgevoelens, boetedoenings, onsekerhede en vertwyfelings."
|
 |
PEN Afrikaans Nuusbrief: April 2017
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans
Oor: 'n Dag lange resensiekursus aangebied deur twee top-skrywers; nog 'n boekebonus met die komplimente van Taalgenoot; 'n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Maart; die wenners van die 2017 Akademie-pryse; nuwe Afrikaanse boeke in April
|
 |
Cult Sister by Lesley Smailes: an interview
Lesley Smailes, Naomi Meyer
Books and writers
"Cult Sister is my memoir of the ten years I spent travelling around America with a nomadic, very fundamental Christian group. I try to paint an honest word picture about life in the strange group from my point of view."
|
 |
Verskille
Crito
Blogs
"Die hemelsbreë verskil tussen resensies van literêre werke en ligter leesstof word pragtig belig in die twee besprekings van oorspronklike Afrikaanse boeke wat vandeesweek deur Boeke24 geplaas is: Bibi Burger s’n oor Alles het niet kom wôd deur Nathan Trantraal, en Riaan Grobler s’n oor Sielsmokkelaar deur Leon van Nierop." |
 |
Die rebellie van Lafras Verwey – ’n onderhoud met Simon Barnard
Anna-Marie Jansen van Vuuren, Simon Barnard
Film
"Daarom wil ek toekomstige kykers van Die rebellie uitdaag om dieper te kyk. Na jouself. ĺn jouself. En na ander. Want die storie van eensaamheid, al is jy tussen mense, is nie net Simon of Lafras se storie nie. Dis ons elkeen se storie."
|
 |
Die reuk van appels by KKNK 2017: ’n onderhoud
Johan van der Merwe, Steyn du Toit
Teater
"Dit was van die begin af vir ons belangrik dat dit Die reuk van appels op die verhoog moes wees, en nie bloot ’n toneelstuk wat daarop gegrond is nie."
|
 |
’n Fotoalbum uit China
Elkarien Fourie
Reis
Elkarien Fourie het jare lank in China gewoon, Vat jou hele hart geskryf en deel hier sommige van haar foto’s van dié land.
|
 |
Scenes from an execution: ’n teaterresensie
Danie Botha
Teater
"Jy word telkens verras. Jy sukkel nie om te hoor en te sien nie. En dan is daar die inhoude oor menslike verhoudings met al die motiewe wat daarby betrokke is, en die botsings tussen die kunste en die staat."
|
 |
ATKV-Mediaveertjies 2017: finaliste
LitNet
ATKV-Portaal
Dis weer ATKV-Mediaveertjietyd, waar uitblinkers in die Afrikaanse media vir uitstaande bydraes in die voorafgaande jaar bekroon word. Hier is die finaliste!
|
 |
Die plan om vi Jesus dood te maak
Olivia M Coetzee
Bybel in Kaaps
"Oppie eeste dag vannie Fees van Ongesuurde Brood toe kommie dissipels na Jesus toe en vra: 'Waa wil U hê ôs moet gan regmaak vi U ommie Paasmaal te iet?'"
|
|