View this mail online here



LitNet: Jou nuwe geskiedenis
Nuusbrief | Newsletter 538
19.02.2015
   
 

  Menings

Rubriek:
Is #SONA2015 die bose vrug wat ons nasionale stilswye baar?

Bettina Wyngaard

"Vryheid van spraak is sonder betekenis wanneer net dié wat in jou koor sing, gehoor mag word."

Essay:
Breking en die ekonomie: gaan die land ’n wins kan maak?

Martin de Wit

"Een voorbeeld van groot veranderings in die internasionale skaliegasbedryf oor die afgelope paar jaar is die pryse wat behaal word. In 2008 was die gemiddelde boorgatkopprys in die VSA ongeveer $8/mcf, maar in 2012 was dit nader aan $2,50/mcf."

Essay:
Ekonomiese diskoers verg rasionele denke

Piet Croucamp

"Die staat in Suid-Afrika is eenvoudig té swak en té oneffektief om ’n kommunistiese diktatuur of ’n outoritêre vorm van sosialisme op die burgerlike samelewing af te dwing."

Blog:
De Kock is vry, maar wat sê die letterkunde?

Izak de Vries

Izak de Vries blog oor ’n Man van min belang en Kodenaam Icarus: "Toe ek beplan het om hierdie stuk te skryf, was Eugene de Kock nog agter tralies. Nou is hy vry ..."

Essay:
Parlement, politiek en die ekonomie

Christo van der Rheede

"Oppervlakkige politiekery en verwarde ideologisme stook oproer in parlement," skryf Christo van der Rheede. "Is daar ekonomiese oplossings?"

Onderhoud:
Die skool waar gelukkige leerders sukses behaal

Jean Oosthuizen, Max Michau

"As iemand die logika kan verklaar dat ’n leerder kan vorder sonder om aan die slaagvereistes te voldoen, moet hy dit asseblief aan my verduidelik. Sal die verkeersdepartement vir ’n persoon wat sy rybewys-toets druip, sê dat dit aanvaarbaar is?"

Rubriek:
Koffie, Oos-Kaap en André P Brink

Jason Lloyd

"Hoe beland Brink nou skielik hier in die Oos-Kaap? ... Brink is net so Oos-Kaaps soos wyle Jakes Gerwel se Afrikaanssprekende skilpaaie met hul skalkse droë humor – soos hul nederige baas – wat nog vrylik en gelukkig in Kommadagga rondwei."

Regsalmanak:
"Jaar-en-’n-dag-reël" en die gemenereg

Gustaf Pienaar

"Volgens persberigte sou Jacob Zuma vroeër vanjaar ... gesê het dat Suid-Afrika se probleme 'begin het met die landing van Jan van Riebeeck in 1652 aan die Kaap'. ... Van Riebeeck (het) die Romeins-Hollandse regstelsel saam met hom na die Kaap gebring."

Blogs

Soetkoek
Crito

WAT: finale seël
Hennie van Deventer

Saluut vir SAPA
Hennie van Deventer

  Nuwe Geskiedenis


Die volledige Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika
is nou gratis op LitNet beskikbaar!

  LitNet Akademies

Opvoedkunde:
Die integrasie van musiek en stories as ’n effektiewe benadering tot die ontwikkeling van fonologiese bewuswording vir Afrikaanssprekende graad 1-leerders

Heidi Faber, Ina Joubert, Melanie Moen, Dorette Vermeulen

"Die finale bevindinge van die navorsing het getoon dat musiek wel ’n positiewe rol speel in die aanleer van fonologiese vaardighede as leesgeletterdheidsvaardigheid by Afrikaanssprekende leerders in graad 1."

Regte:
Die uitlegsverbreding van die gemeenregtelike vereistes vir locus standi in iudicio in publiekregtelike en eiebelang grondwetlike aksies: ’n noodwendige ontwikkeling deur die Suid-Afrikaanse howe

Neels Swanepoel

"Die jammerlike versuim deur die parlement om werk te maak van die Suid-Afrikaanse Regskommissie se voorstelle oor openbare en klasaksies het ons howe behoorlik aan die diep kant ingegooi. Tog wek die manier waarop ons howe hierdie uitlegtaak hanteer het, vertroue."

Onderhoudend:
Ria Smit gesels met Cara Kleynhans

Cara Kleynhans, Ria Smit

"Ek was gefassineer deur die gehalte van sy spel en ek was verbaas deur die feit dat ek nog nie voorheen van hierdie Suid-Afrikaanse pianis gehoor het nie."

Call for papers. Bijdragen over Nederlandse literatuur in Zuid-Afrika

In samenwerking met de Vereniging voor Internationale Neerlandistiek wordt een vakspecialistisch boek voorbereid in de reeks Lage Landen Studies. Wie een relevant onderzoekstopic heeft of interesse voor het project, kan altijd contact opnemen met de redacteurs van het boek.

  Leefstyl

Klankkas-onderhoud:
"Lisa se klavier"

Koos A Kombuis, Liza Joubert, Naomi Meyer

Aanhangers van Koos Kombuis het dalk al gewonder: wie was dié Lisa? En het sy werklik bestaan?

US Woordfees | Musiekonderhoud:
Kaalvoet Stef gaan bos (en gee 'n CD weg)

Stef Bos, Naomi Meyer

Stef Bos skryf 'n liefdesbrief in Nederafrikaans oor 'n land waar hy al te lank bly om sommer net verlief te wees. En hy gee dié liefdesbrief gratis weg aan almal.

US Woordfees | Rate hom met Renata:
Sports en Kinkel en Konkel


Renata gesels (S)sports in hierdie episode van "Rate hom met Renata". Daar is iets vir oud én jonk. Daar is kinkels en konkels, en 'n algemenekennis-vasvra oor oor tuindwerge.

Interview:
Santa's Story

Aviva Pelham, Herman Lategan

Aviva Pelham: "However, nothing can replace the experience of hearing a survivor's story ..."

Teater:
macbeth.slapeloos: foto's van die openingsaand

Fahiem Stellenboom

macbeth.slapeloos speel in die Baxterteater op die kampus van die Universiteit Kaapstad. Fahiem Stellenboom, bemarkingsbestuurder van die Baxter, deel sy foto's van die openingsaand.

US Woordfees 2015: Poolshoogte

LitNet se Poolshoogte-skrywerskongres het die stand van die Afrikaanse letterkunde ondersoek, 20 jaar ná demokrasie. Kom gesels saam oor die ontdekkings.

US Woordfees 2015:
Sanlam | LitNet-poësieslypskool


Letterkunde en die liefde, teks en seks

US Woordfees 2015:
Program


Hier is die volledige program van US Woordfees 2015. Jy kan ook die PDF-weergawe van die program aflaai.

  Boeke en Skrywers

In memoriam:
André P Brink: Wat 'n letterkundereus!

Michael le Cordeur

André P Brink se nalatenskap aan die letterkunde
Hennie van Coller

André Brink. ’n Huldeblyk
Wilfred Jonckheere

Resensie:
Die bewaker deur Marguerite Poland

Izak de Vries

"Uiteindelik is dit die menslikheid van die karakters wat jou tref. Dit ís ’n boek vol hartseer, maar daar is ook hoop; dit is ’n boek vol melankolie, maar daar word ook vertel van kaal lywe wat mekaar passievol gryp terwyl die groot oseaan donderend bulder."

Review:
An Imperfect Blessing by Nadia Davids

Jonathan Amid

"Davids is unafraid to tackle hefty questions that refuse arbitrary answers: How does transformation and transition take place? Who gets to determine the course and character of relationships?"

US Woordfees | Tien vrae:
Jan van der Merwe oor Noord-Kaapse Dorpe

Jan JP van der Merwe, Naomi Meyer

"Die Noord-Kaap ... het ’n velerlei dimensies en geskiedenisse. Daar is die ontdekkingsreisigers, die drosters en die vlugtelinge, die sendelinge en die delwers. Daar is verhale van fortuinsoekers en veroweraars. Om die Noord-Kaap te verstaan moes ek die geskiedenis gaan oplees van die Boesmans, die Basters, die Korannas, die Griekwas, die Trekboere ..."

Ten questions:
Martin Sehlapelo on A Peek Inside a Political Prisoner's Heart

Martin Sehlapelo, Naomi Meyer

"I will never forget my trip to the island. There was a small round window which allowed a little bit of light and from where I could see the changing colours of the waters which were now covering the glass as the ship was sailing towards the island. From my perspective, we were under the sea, I felt like I was going to drown and die."

Ten questions:
Daniel Jardim on Retreat – The Joy of Conscious Eating

Daniel Jardim, Naomi Meyer

"Live lots. Laugh lots. Play with your food."

ATKV-Skrywersalbum:
Clinton V du Plessis (1963–)

Erika Terblanche

"Daar was ’n tyd toe ek geskryf het omdat ek verveeld was, toe weer omdat ek gatvol was. Nou skryf ek om te probeer onthou." Clinton V du Plessis se skrywersalbum in nou volledig bygewerk.

Rubriek:
De barmhartigen door Koen van Wichelen

Hendrik-Jan de Wit

"Maar de aanslagen in Parijs laten zien hoe belangrijk het onderwerp van Koen van Wichelens roman is. Onze vrijheid van meningsuiting wordt voortdurend bedreigd."

US Woordfees- en LAPA-gesprek oor die sielkunde van die krimi

Martin Steyn (Skuldig) en Madelein Rust (Monstersaad), beide skrywers van krimiboeke, albei met ’n sielkunde agtergrond, ontleed die genre saam met ’n derde sielkundige, ST Potgieter, wat krimi’s lees. Hier is nog besonderhede.

LAPA-Uitgewersportaal:
Nuwe boeke by LAPA gedurende Februarie 2015!


Boeke vir jou kinders, kookboeke en sommer om net te geniet. Kyk wat het verskyn en doen gerus jou inkopies aanlyn.

Cordis Trust:
Orde van die Goue Pen 2015


Persone wat 'n buitengewone langtermynbydrae tot die bevordering van Afrikaanse woordkuns gelewer het, is vanjaar met die Orde van die Goue Pen 2015 bekroon.

Orde van die Beiteltjie 2015

Die Orde van die Beiteltjie 2015 is toegeken aan persone wat die Afrikaanse woordkuns met deurlopende ywer bevorder.

UKZN se Kinderboekfees:
Inligting en volledige program


U skool word vriendelik uitgenooi na UKZN se Kinderboekfees, in samewerking met die ATKV en LAPA-uitgewers, wat op 25 en 26 Februarie op die Pietermaritzburg-kampus van UKZN en by Hilton College gaan plaasvind.

  Klaskamer

WF 2015:
Skryf ’n wetenskapfiksiekortverhaal en wen!


LitNet Akademies Kuberklas nooi leerders in graad 10 tot 12 uit om hul Afrikaanse wetenskapfiksiekortverhaal van 700 tot 1 000 woorde in te skryf.

Klaskamerklets:
In gesprek met Hesti van der Mescht

Hesti van der Mescht

Hierdie week gesels ons met Hesti van der Mescht, Afrikaans-onderwyser by Paul Roos Gimnasium. "Ek hanteer almal asof hulle buitengewoon begaafd is. Werk soos ’n bom ..."

Kuberklas:
Afrikaans Huistaal, graad 8,
November 2014

Hesti van der Mescht

Hierdie vraestel bevat die afdelings "Begripstoets en taal" en "Digkuns en roman".

  Nuwe Skryfwerk


Sonder vonk met vonk
Jaco Geldenhuys

Die ompad na Magersfontein
Jannie van Rensburg

Tommy Chan en die Versailles van Honiara
Annemarie van Wyk
Skryfkompetisie:
1 001 reiswoorde


Hier’s jou kans om met presies 1 001 woorde vir jou ’n lekker tamaaie reisprys los te skryf.

Op die spel: ’n Groot Vyf-bergfietstoer van drie dae in die Mthimkhulu-gebied van die Groter Krugerwildtuin óf 2 nagte vir 2 in die Coopmanshuijs-vyfsterhotel op Stellenbosch.


Inskrywings

Gaan kyk liewers eers ...
Hannes Deetlefs

Van Beaufort-Wes na Bloubergstrand
Riette Hugo

’n Reisbrief uit Indië
Frank Biggs

  Onderlangs

LêNet:
Playing the game

Anna Martens

"Pleasure? Could pleasure be had from making babies? And can young women have pleasure with each other? These were new thoughts but she didn't have time to consider them."

www.litnet.co.za   twitter    


  
Hierdie week se LitNet Akademies-navorsers
Bioskets: Neels Swanepoel
Regte:
Die uitlegsverbreding van die gemeenregtelike vereistes vir locus standi in iudicio in publiekregtelike en eiebelang grondwetlike aksies: ’n noodwendige ontwikkeling deur die Suid-Afrikaanse howe

Bioskets: Heidi Faber
Opvoedkunde:
Die integrasie van musiek en stories as ’n effektiewe benadering tot die ontwikkeling van fonologiese bewuswording vir Afrikaanssprekende graad 1-leerders

Bioskets: Ina Joubert
Opvoedkunde:
Die integrasie van musiek en stories as ’n effektiewe benadering tot die ontwikkeling van fonologiese bewuswording vir Afrikaanssprekende graad 1-leerders

Bioskets: Melanie Moen
Opvoedkunde:
Die integrasie van musiek en stories as ’n effektiewe benadering tot die ontwikkeling van fonologiese bewuswording vir Afrikaanssprekende graad 1-leerders

Bioskets: Dorette Vermeulen
Opvoedkunde:
Die integrasie van musiek en stories as ’n effektiewe benadering tot die ontwikkeling van fonologiese bewuswording vir Afrikaanssprekende graad 1-leerders

Bioskets: Cara Kleynhans
Onderhoudend:
Ria Smit gesels met Cara Kleynhans

  


  
Vind jou sielsgenoot!
Klik hier om verder te soek.