View this mail online here



LitNet: Jou groot vyf
Nuusbrief | Newsletter 530
04.12.2014
   
 

  LitNet Akademies



Geesteswetenskappe:
Nasiebou in 'n eenheidstaat versus die toekenning van groepregte: Diskoerse oor die akkommodering van diversiteit met spesifieke verwysing na Afrika en Suid-Afrika

Elirea Bornman

Elirea Bornman fokus in haar artikel op nasiebou in 'n eenheidstaat en die uitsluitlike toekenning van individuele regte versus stelsels vir die erkenning van groepregte in heterogene en diepverdeelde samelewings.

Godsdienswetenskappe:
Antieke slawerny en die vroeë Christendom: teoreties-hermeneutiese perspektiewe, probleme, en die opkoms van Doulologie

Chris de Wet

Hierdie artikel ondersoek die verskillende teoreties-hermeneutiese perspektiewe en primêrebronprobleme in verband met die studie van antieke slawerny in die vroeë Christendom.

Natuurwetenskappe:
Aanpassing van grootte-mengsels tydens voorraadtoewysing in ’n kettingwinkel

Elmien Thom, Jason Matthews, SE Visagie

Hierdie artikel beskou 'n gevallestudie van die probleem van voorraadtoewysing aan Pep Stores Bpk. (PEP), een van die vernaamste kleinhandelaars in Suid-Afrika.

Opvoedkunde:
Swart onderwysstudente se belewing van hulle opleiding in vroeë kinderonderwysopleiding aan 'n voormalige wit universiteit: 'n gevallestudie

Miemsie Steyn

Hierdie artikel fokus op die ervarings van swart studente aan ’n voormalige wit universiteit binne die VKO-program en die mate waarin hierdie ervarings tot lae registrasiesyfers bydra.

Regte:
Aantekening: Internasionale strafregtelike jurisdiksie vir die Afrika-hof: problematiese aspekte en die implikasies daarvan

Hein Lubbe

Hein Lubbe ondersoek die problematiese aspekte en implikasies van die internasionale strafregtelike jurisdiksie vir die Afrika-hof.

Akademies:
Gespierde Afrikaans


LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

  Boeke en Skrywers

LitNet Akademies-resensie-essay:
Mede-wete deur Antjie Krog

Helize van Vuuren

"Mede-wete is vir die ernstiger poësie-liefhebber ’n bundel wat saam met Kaar van Marlene van Niekerk en Breytenbach se vyf-en-veertig skemeraandsange tot absolute hoogtepunte van die afgelope twaalf maande behoort."

Biebouw-resensie:
Al die lieflike dade deur Charl-Pierre Naudé

Louise Viljoen

"Al die lieflike dade daag opnuut die Afrikaanse poësieleser uit met sy omvang, kompleksiteit, beeldkrag en unieke poëtiese segging."

Resensie:
Strandveldfood deur Kobus van der Merwe

Sonia Cabano

"Vyf jaar later kan Kobus van der Merwe selfversekerd sy bydrae lewer tot ons groeiende kookboekskatkis in Suid-Afrika en ek raai die leser aan: koop dit. Koester dit. En as dit jou beskore is, besoek Oep ve Koep vir die kossensasie van ’n leeftyd."

Onderhoud:
Afrikamasutra, die eerste Afrikaanse Kama Sutra

Naomi Bruwer, Ilse de Korte

"Afrikaans is, soos ons weet, so 'n ryk taal. Ek het nooit vir een oomblik gesukkel om woorde te vind om die nodige te beskryf nie." Ilse de Korte gesels oor die vertaling van die Kama Sutra.

Onderhoud:
Oorlogsfutiliteit gryp steeds die verbeelding aan

Jean Oosthuizen, Albert Grundlingh


Jean Oosthuizen gesels met Albert Grundlingh oor die betekenis van die Anglo-Boereoorlog in ’n eietydse konteks.

Onderhoud:
Anton van Niekerk gesels oor sy geloofsoortuigings

Jean Oosthuizen, Anton van Niekerk

"Dat ek iets/iemand vertrou, beteken nie noodwendig dat ek iets met sekerheid weet nie. Onsekerheid is net so deel van die geloof soos sekerheid."

Skrywersontwikkeling:
Die tydsgees in die kuns

Peter Snyders

Peter Snyders kyk terug oor sy ontwikkeling as skrywer.

Interview:
Review like nobody's watching

Fiona Snyckers, Naomi Meyer

Within South Africa's claustrophobic literary scene everybody is too afraid to write bad book reviews. Fiona Snyckers tells Naomi Meyer what needs to be done.

ATKV-Skrywersalbum:
Hans du Plessis (1945–)

Erika Terblanche

SêGoed van Hans du Plessis: “Afrikaans gaan nêrens anders heen as waarheen ons dit vat nie. Ons moet produkte skep wat só goed is dat mense agter ons aanloop.”

  Vermaak

KlankKas-onderhoud:
The Lyzyrd Kings: "Weens die waansin van die musiekbedryf is ons genoop om ons eie geluk te maak"

Henry Cloete

"Al wat ons nog ooit wou doen, is om musiek te maak, mense gelukkig te maak, of hartseer, of opgewonde, want musiek is vir ons ’n lewe, dit is nie ’n job nie, dis iets wat mens elke dag mee saamloop."

kykNET-Portaal:
Dit ruk & riel van Loeriesfontein tot Kleindrakenstein

Marike Bekker

"’n Eeue oue dansvorm wat amper onder apartheid gesneuwel het, herleef weer as oud en jonk veldskoene aantrek en die riel trap dat die stof so staan."

Radiodrama:
Mediese dokter van Kaapstad wen


Lees onderhoude met die wenners:

Onderhoud met Ingrid Pentzhorn

Onderhoud met Martie Swanepoel

Onderhoud met Zesta Vorster

US Woordfees:
Wen vyf dubbelkaartjies na US Woordfees 2015!


US Woordfees 2015 gaan vir die eerste keer 'n eie feeskoerant hê! Maar wat moet die naam wees? As jou voorstel gekies word, kan jy vyf dubbelkaartjies na vertonings van jou keuse wen.

KlankKas-onderhoud:
Riana Nel: "Om die balans te hou tussen wat mense wil luister en wie jy is, dis die trick"

Henry Cloete

"Mens verander geweldig van jou 20’s na jou 30’s! My musiek het dalk meer kommersieel geraak, want dis vir my sinloos om musiek te maak wat niemand wil luister nie."

Filmresensie:
Horrible Bosses 2

Suzette Kotzé-Myburgh

"Ek vermoed die rede hoekom hierdie fliek nie Dumb and Dumber heet nie, is omdat daardie titel reeds gevat is."

  Menings

Klaskamerklets:
Onderhoud met Rina Paul

Carine Janse van Rensburg, Rina Paul

Carine Janse van Rensburg gesels met Rina Paul, wiskunde-onderwyser by die Hoër Meisieskool Bloemhof.

In gesprek met ...
Cyrille Fijnaut

Cyrille Fijnaut, Carina van der Walt

"Van Zyl-Smit het my gewaarsku dat so ’n besoek [aan Suid-Afrika] ’n onherroeplike skok sal wees, want dit is ’n derde wêreld binne-in ’n eerste wêreld. Of soos Shearing dit opgesom het: Suid-Afrika is die wêreld in die kleine …"

Gay:
Twee pappas en een baba

Elridus Grobler

"Dit wil voorkom of daar baie kinders in kinderhuissorg is wat alles sou gee om ’n liefdevolle pappa of mamma te hê. Maar wat van twee pappas of twee mammas?"

ATKV-Portaal:
Nzimande se uitspraak bewys dat taalregte en -sensitiwiteite nog nie behoorlik verstaan word nie

Japie Gouws

"Die gehalte van onderwys en die kundigheid van leerders en studente kan net verbeter indien ons moedertaalonderrig uitbrei."

ATR-Portaal:
Heksejag op Afrikaans duur voort: Afdreiging van Minister is ongepas

Jacques van der Elst

"Die heksejag op Afrikaans as onderrigtaal in die hoër onderwys het ’n nuwe dimensie gekry met die Minister van Hoër Onderwys se dreigement dat hy ’n universiteit sal sluit as so ’n instelling enkel Afrikaans as onderrigmedium sou gebruik."

Blogs

Fletcher by David Horscroft
Izak de Vries

OHOPOHO, oppas vir die "Oom"!
Hennie van Deventer

City of Ember
Izak de Vries

Teacher Carol maak party herders die hoenders in
Carol

  Nuwe Skryfwerk

Skryfkompetisie:
Liefde op papier


Kan jy op papier liefde maak in Afrikaans? Skryf 'n lyflike liefdesgedig!

LitNet-spens:
’n Boudjie van my vroutjie

Nico Luwes

’n Boudjie van my vroutjie is ’n korterige komiese eenbedryf van 20 bladsye losweg gebaseer op Roald Dahl se kortverhaal "Lamb for the Slaughter".

  Onderlangs

Hyg:
Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...

Sapecker

Bieg:
Vlashaarnooi

M-$


www.litnet.co.za   twitter    
Indien u nie hierdie brief wil ontvang nie, stuur ’n e-pos aan unsubscribe@litnet.co.za

  
  
Hierdie week se LitNet Akademies-navorsers
Bioskets: Elirea Bornman
Geesteswetenskappe:
Nasiebou in 'n eenheidstaat versus die toekenning van groepregte: Diskoerse oor die akkommodering van diversiteit met spesifieke verwysing na Afrika en Suid-Afrika

Bioskets: Chris de Wet
Godsdienswetenskappe:
Antieke slawerny en die vroeë Christendom: teoreties-hermeneutiese perspektiewe, probleme, en die opkoms van Doulologie

Bioskets: Elmien Thom
Natuurwetenskappe:
Aanpassing van grootte-mengsels tydens voorraadtoewysing in ’n kettingwinkel

Bioskets: Jason Matthews
Natuurwetenskappe:
Aanpassing van grootte-mengsels tydens voorraadtoewysing in ’n kettingwinkel

Bioskets: SE Visagie
Natuurwetenskappe:
Aanpassing van grootte-mengsels tydens voorraadtoewysing in ’n kettingwinkel

Bioskets: Miemsie Steyn
Opvoedkunde:
Swart onderwysstudente se belewing van hulle opleiding in vroeë kinderonderwysopleiding aan 'n voormalige wit universiteit: 'n gevallestudie

Bioskets: Hein Lubbe
Regte:
Aantekening: Internasionale strafregtelike jurisdiksie vir die Afrika-hof: problematiese aspekte en die implikasies daarvan

  


  
Vind jou sielsgenoot!
Klik hier om verder te soek.
 
Kennisgewings
ATKV-Herfsskool 2015

Stellenbosch Choral Music Workshops

Stellenbosch, 9 December: Bones, bricks, mortar and souls

kykNET se fliekNET-geskenkkanaal

Blues Summit: 6 & 7 December, Durbanville

Kirstenbosch Summer Sunset Concerts set to thrill

Vermaaklikheidsprogram: Die Boer, Durbanville

Boekbekendstelling, Hartenbos: Goeiemôre, Mnr. Mandela

Boekbekendstelling: Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran