Zeús, Oppergod van die antieke Griekse panteon, en die rare boodskap wat hy vir ons vandag nog inhou: deel 3

“Nou is dit so dat die ou Grieke ook die verhaal van die Groot Vloed vertel het. Vader Zeús het ook besluit om alle mense in ’n Groot Vloed te laat omkom (verdrink) omdat hulle nie meer op die regte wyse vir die gode op die Berg Ólumpos hul offerandes gebring het nie.”