Zeús, Oppergod van die antieke Griekse panteon, en die rare boodskap wat hy vir ons vandag nog inhou: deel 1

“In die ná-mitologiese, dws historiese, tydvak van ou Griekeland was Zeús die Oppergod van hulle komplekse panteon van 12 gode (dôdekátheon) wat hul permanente verblyf gehad het op die Berg Ólumpos (met 2 985 meter die hoogste berg in die Griekse Balkan), geleë reg op die grens tussen Thessalië in Noord-Griekeland en Macedonië.”