Wonderwerke te koop

“Adrenalien is ’n kragtige pynstiller. Dit verklaar waarom sommige mense met pyn ná ’n ‘genesing’ vir ’n rukkie pynvry is – charismatiese opsweping en ekstase speel ’n groot rol. En intussen duur hierdie roekelose ‘genesings’ voort – goedgelowige slagoffers wat charismatiese bedieninge se donasies in sessyfergetalle in NGO’s laat inrol, belastingvry.”