“In die stormwind moes Aaron uit sy kamer kom om die windpomp te gaan vasmaak, want die dam loop oor. Die windpomp skree: Wat draai jy my arm so agter my rug in op? Ons loer deur die gordyne; bang dat Windvoёl ons sal sien. Aaron loop koes-koes; hy is ook bang. Golwe waai oor die dam se walle. So moet die see seker lyk, sê Sussie, net groter … baie groter. Maar rond, sê ek.”
Copy and paste this URL into your WordPress site to embed
Copy and paste this code into your site to embed