Wilma Stockenström: ’n Poëtiese lewe

"Woorde is rampe, rampe, rampe!
Wys my ’n woord, ene, wat nie kul nie.
Noem my ’n woord wat ek nie onmiddellik kaatsend
sal nasê in die afstande tussen my en die ander,
bollend toegerank met die doringdraad van woorde.
In die begin was ontsnapping en bly dit steeds."