"Wij die gerefformeerde Leedematen" in die nege Vetrivierartikels van 1837 

“Die Vetrivierreëlings was ’n verdere trappie in die republikeinse tradisie van die Boere van die 19de eeu. Twee koersbepalers kom in die artikels voor, naamlik ’n Christelike of gereformeerde lewensoriëntasie en ’n volksdemokratiese inslag: ’n volksdemokrasie wat hom verbind aan reg en geregtigheid vir almal.”