Wie word ore aangesit? Suid-Afrikaanse Gebaretaal die twaalfde amptelike taal

“Die feit dat dowes hulle stryd voortgesit het om SAGT nasionaal as ampstaal erken te kry, impliseer dat al die vanaf 1996 toegekende regte en voorregte skynbaar nie gerealiseer word nie. Of verampteliking die antwoord op sodanige versuim is, bly ’n ope vraag. Horende Suid-Afrikaners het tot hiertoe nog nie veel gesien van die land se ander amptelike tale benewens Engels nie.”