Wie versorg die versorger?

“’n Kollega van my wie se ma ’n jaar gelede oorlede is nadat sy lank siek was met Alzheimers, het vir my gesê dat humor dikwels haar redding was. Soms wil jy jou leeg huil oor wat met jou ma, eggenoot, familielid gebeur. Ander kere kan jy maar net lag.”