Persverklaring: "Wie en wat word in 2025 gevier?" vra Taalmonument

’n Taalgesprek in taalmaand oor taaljaar: Op die vooraand van die 100-jarige viering van Afrikaans as ’n amptelike taal in Suid-Afrika, nooi die Afrikaanse Taalmuseum en-monument  belangstellendes na ’n insiggewende taaldagbespreking op Vrydag, 16 Augustus 2024. Die interaktiewe, lewendige gesprek by die monument op Paarlberg sal boonop met ’n heerlike aansitete, ook gratis, afgerond word waartydens nog idees kuier-kuier uitgeruil kan word.