Wêreldboekedag 2024: Trek aan soos ’n Suid-Afrikaanse kinderboekkarakter!
Wil jy Niki Daley se Jamela of Jaco Jacobs se zombie uit Oupa Zombie wees – of dalk ’n Storiemuis uit die luisterboeke? Wat van Liewe Heksie? Die Babalela? Of Asterix? Elke jaar tydens Wêreldboekedag sien mens bekende karakters uit Engelstalige kinderboeke hul opwagting by skole maak, wanneer laerskoolkinders uitgenooi word om die dag te vier en soos ’n gunstelingkinderboekkarakter aan te trek. Waar is ons Afrikaanse en eg Suid-Afrikaanse kinderboekkarakters om saam te speel?
Copy and paste this URL into your WordPress site to embed
Copy and paste this code into your site to embed