Wenner van die Jan H Maraisprys 2024: ’n onderhoud met Wannie Carstens

Wannie Carstens is in Julie 2024 met die Jan H Maraisprys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bekroon. Hierdie toekenning gee erkenning vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies op hoë vlak en van hoë gehalte in Afrikaans. Die prys word aan Carstens toegeken ter erkenning van sy vakkundige bydrae ten bate van die Afrikaanse taalkunde. Menán van Heerden gesels met Wannie oor sy loopbaan en oor Afrikaans.