Weerdink-artikel: Mosambiek het ’n groot kopseer vir Suid-Afrika en Suider-Afrika geword. In welke mate is die SAOG van hulp?

“Terwyl die Suid-Afrikaanse regering vanjaar in sy buitelandse verhoudinge baie tyd en energie op Israel se konflik met die Palestyne gespandeer het, is die veiligheidsprobleme op ons agterstoep nie naastenby met dieselfde dringendheid, erns en fokus gehanteer nie. Dit is asof Suid-Afrika maar altyd wil wegskram van ’n sterk standpunt oor of kritiek op ander Afrikaregerings wat nie hulle huishoudings in goeie orde het nie.”