Was daar ’n Suid-Afrikaanse musikale avant-garde in die 20ste eeu?

“Deur die werk en proefskrif van Roelof Temmingh as vertrekpunt te neem, word geargumenteer dat die mees eksplisiete selfidentifisering met die avant-garde in Suid-Afrikaanse musiek gepaardgaan met ’n bevestiging van Westerse modernistiese ideologieë, eerder as met institusionele of politieke vernuwing.”