Vroeë artikels oor die Anglo-Boereoorlog wat in internasionale vakkundige tydskrifte verskyn het

“Die geskiedenis van die Anglo-Boereoorlog (ABO) is baie goed gedokumenteer soos blyk uit die groot getal boeke, biografieë, outobiografieë, koerant- en populêretydskrifartikels, ongepubliseerde dokumente, argief- en museummateriaal asook mondelinge getuienis wat beskikbaar is. Vergelykenderwys het minder artikels in vakkundige tydskrifte oor die onderwerp verskyn.”