Volkskerk en die eenheid van die kerk

"Kortliks kom dit daarop neer dat die teologiese oorwegings vir die selfstandige bestaan van kerke wat uit sendingwerk na vore gekom het, in dié geval van die NG Kerk, later misbruik is om die bestaan van aparte ‘dogterkerke’ te regverdig, terwyl die werklike rede vir die uitsluiting van die bruin gemeenskap uit die NG Kerk in 1857 die “swakheid” van sommiges was, ’n eufemistiese beskrywing van rassisme in die kerk."