Vlooi en die verlore fossiel in die Kunstekaap: ’n onderhoud met Margit Meyer-Rödenbeck

“Die grondslagfase-leerder reageer meestal nog op instink en nie vooropgestelde idees nie en dit maak hulle die heel lekkerste gehore om voor op te tree. Dis onbevange lekkerte. Lekkerste, maar nie maklikste. Kinders wil oortuig word, so die akteurs en teaterspan moet uithaal en wys.” Hierdie produksie is gebaseer op karakters in die Oxford University Press se Storieboomreeks; dis die boeke waarmee baie skoolkinders leer lees.