Veronique Jephtas gesels oor die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020

Die fokus van dié residensieprogram (aangebied in samewerking met PEN Afrikaans) is veral skrywers wat nuwe stories na die Afrikaanse letterkunde bring en leefwêrelde oopskryf wat nog nie voldoende in die letterkunde gehoor is nie.