Verdomp, ek wonder oor ver-

“Ek dink hier moet ons maar volstaan met wat in een etimologiese woordeboek aangedui word as een van die funksies van ver-, naamlik dat dit geen betekenis byvoeg nie, maar die grondvorm versterk en benadruk. Die naaste wat ek aan verdomp kon uitvind, is die Nederlandse verdomme (godverdomme). Waar die p in Afrikaans vandaan kom, weet ek verbrands nie.”