Vars uit Oesbekistan: ’n onderhoud met Emile Minnie

“Ek is baie lief vir skryf en die idee om ’n sosiale dagboek te hou het vir my lekker geklink. Ek is ’n baie onwillige fotograaf, so om foto’s met my brein te neem en dit in woorde te omskep kom vir my baie natuurliker. Met die intrapslag het ek besef dat mense die stories net soveel geniet as wat ek dit geniet om die stories te skryf.”