USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Natasha Harmse

“Ek stel belang in die maniere waarop literêre tekste, veral gedigte, inmekaarsteek. Daarom benader ek hierdie tekste soos wat ’n motorwerktuigkundige dalk ’n enjin sal benader: Ek wil ’n werkende masjien uitmekaarhaal en die onderdele bekyk voordat ek dit weer aanmekaarsit.”