USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Danie Stander

“Ek self is nie besitlik oor Afrikaans soos ek dit leer ken het nie. Omdat ’n sekere gestalte van Afrikaans my moedertaal is, het dit ongetwyfeld my psige, my uitkyk op myself en die res van die wêreld gevorm en my gevoelslewe getoonset. Waarom sal ek daardie gegewe wil ontneem van iemand vir wie Afrikaans ’n ander gestalte aanneem?”