US Woordfees 2019: Boeke en skrywers

Die Woordfees het as literêre fees begin en die geskrewe en gesproke woord bly die polsende hart van die fees. In 2019 bied die Skrywersfees weer ’n verstommende verskeidenheid met hope inspirerende verhale agter al die merkwaardige ervarings en verbeeldingstogte wat in boeke uitmond. Ook op die program is ’n reeks slypskole met die sleutels tot nuwe kreatiwiteit.