US Woordfees 2018: ’n Onderhoud oor Kalmte in die malle gejaag

“Mense maak dikwels die aanname dat jy ‘kalmte’ en bewustelikheid net kan ontgin as jy met ’n vreedsame uitdrukking op jou gesig rondsit – verkieslik op ’n strand of in ’n groen woud, soos ’n sjampoe-advertensie. Maar bitter min van ons gaan onsself ooit in sulke omstandighede bevind … ’n Veel nuttiger kuns is om iets van kalmte en tevredenheid  in jou alledaagse, holderstebolder lewe te kan beoefen.”