UJ-pryse 2018: Commendatio vir Jolyn Phillips se radbraak

“Die digtende in radbraak is ’n strandloper, ’n versamelvoël, ’n trekvoël. Sy is ook ’n migrerende – tussen verlede en hede, tussen plekke en omstandighede, maar veral in taal, midde-in en deur taal.” Hier is Karen de Wet se commendatio oor Jolyn Phillips se radbraak, ontvanger van die 2018 UJ-debuutprys.