Tyd vir die burgerlike samelewing om weer hande te vat?

Tim du Plessis sê Suid-Afrikaners is vandag byna weer waar ons in die tagtigs was – met ons rûe teen die muur. Toe was dit die burgerlike samelewing wat die regering gedwing het om te verander. Hoe nou gemaak? En hoe kan gewone mense help? Watter organisasies het die vermoë om ’n verskil te maak?