“Tyd”-skryfkompetisie: Onderhoud met Eunice Basson

“My ouers het ons nooit van hierdie baba en hulle verlies vertel nie; konvensie en stilte het in daardie jare die oorhand gehad. Die feit dat my ma hierdie ‘geheim’ lewenslank op ’n kalender herdenk het, het my destyds eindeloos ontroer en so het hierdie gedig begin vorm aanneem.”