Tuisonderwys is nie inperkingsonderrig nie: praktiese raad vir ouers

Vir baie ouers is hierdie jaar veral dalk ’n tameletjie – nie net het die koronavirus die (skool)lewe op sy kop kom keer nie, maar daar is ook groot onsekerheid en kommer oor wat die toekoms mag inhou. Daarom kon jou belangstelling in tuisskoling dalk geprikkel wees. Yolanda Wessels skryf oor die voor- en nadele van tuisskoolonderrig.