Toyota Stellenbosch Woordfees: NGV en die toekoms van private mediese sorg

“In ’n diskoersgesprek aangebied deur Netwerk24 het politieke ontleder Theo Venter, joernalis Fienie Grobler en Mediclinic se uitvoerende hoof Braam Jonker die NGV ontleed met ’n eerlikheid wat selde in parlementêre komitees gehoor word. Die NGV bly ’n voortdurende bron van spanning binne die koalisie in die regering van nasionale eenheid (RNE). Terwyl dit belowe om universele gesondheidsorg te bring, dreig dit om die private sektor te ontwrig. Die vraag is of die NGV die regte voorskrif vir die RNE se langtermyn oorlewing is, of eerder ’n pil wat moeilik is om te sluk? En waar laat dit mediese skemas, versekering en hul bekommerde lede in die tussentyd?”