Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: ’n onderhoud met Elzabé Zietsman oor kabaret, met hoop en vreugde

“Ek verwerp die opvatting dat ouer vrouens nie raakgesien word nie. Ek sal nie toelaat dat ek nie raakgesien word nie. En ek gebruik my lyf op presies dieselfde manier as wat ek dit nog altyd gebruik het.”