Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Oesie meense – ’n onderhoud

“Oesie meense is eg en oorspronklike Namakwaland-stories en -musiek. Ek vertel stories wat regtig gebeur het, sonder om mense se name te noem. Dis net om myself ook te beskerm. Namakwalandse stories is oor die algemeen baie komies. Dit hou veral verband met ons manier van vertel.”