Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Die stoele – ’n Instagram-resensie

“Hierdie teks, deur Eugène Ionesco, is hoogs metaforiese, diep en propvol betekenis. En tog kan elke gehoorlid wegloop met hul eie, persoonlike boodskap. Dit gee mens heelwat om oor te dink.  Dit is ’n waagstuk – met meesterlike optredes deur Antoinette Kellerman en Chris van Niekerk en regie deur Marthinus Basson. En die sukses van die stuk wys dat dit die moeite werd is om kanse te neem in kuns.”