Toorkombuis: ’n spesiale bredie vir die herfs

“Ek glo ook nie jy moet jou bredies laat oorstaan vir die winter nie. Selfs op ’n dag wat vra na koue vleise, slaai en alles wat afkoel en verkwik, hunker ek na ’n lamsvleis-en-groente-bredie in ’n dik en donker sous. Ek wil voel hoe die bredie my toevou in sy omhelsing, my koester soos ’n ou vriendskap …”